Nuwe publikasie: Nuwe Stemme 6
Nuwe Stemme 6
Samestellers: Bibi Slippers en Charl-Pierre Naudé
Nuwe stemme gee vir die varsste, nuutste stemme in Afrikaans ‘n plek om hulself te laat hoor. Die sukses van die projek kan gesien word in die vorige deelnemers wat nou gevestigde skrywers is: Ronelda Kamfer, Gilbert Gibson, Loftus Marais, Kirby van der Merwe en Tom Dreyer en vele meer. Hierdie uitgawe word saamgestel deur Charl-Pierre Naudè en Bibi Slippers. As jy wil weet hoe lyk die skrywers van die toekoms, lees Nuwe stemme 6. (Tafelberg, 2017. Prys : *R240, Bladsye : 176, Formaat : 198 mm x 130 mm, Sagteband, ISBN-13 : 9780624082644, Epub-ISBN : N/A)
Samestellers:
‘Hier is gedigte in die bundel wat nuut is op dieselfde manier as nuwe skoene. Die eerste dag is dit dalk ongemaklik en skaaf dit so bietjie, maar jou voete sal vinnig aanpas en die skoene intrap – en voor jy weet is dit jou nuwe gunstelingpaar.’ (BS) Bibi Slippers is ‘n digter en joernalis wat werk in die TV-bedryf. Haar debuutbundel Fotostaatmasjien is onder andere met die Eugène Maraisprys vir poësie bekroon.
‘Ek het gesoek na gedigte wat ‘n wesenlike kern van gevoel ofwaarneming of mymering gehad het: ‘n moment van gravitasie, selfs net ‘n vae vonk in die agterte iewers; en die digter dan meer bewus hiervan probeer maak. Van daar af vat hulle self die pad.Ek dink die digters wat hier bymekaar is, word binne bundelverb and elk herkenbaar aan ‘n “merk”. Digterlike uitinge maak “etekenispatrone”. Dink aan ‘n vingerafdruk, dit word ‘n identifikasie van die outeur daarvan.’ (CPN) Charl-Pierre Naudé is ’n bekroonde digter en ook bekend as prosaskrywer, boek- en filmresensent en rubriekskrywer.
dis 2017 en almal dra chokers
(Elodi Troskie)
daar is meisies in my klas wat nog
nooit iemand gesoen het nie en daar is
meisies wat al kinders het en ek ken ouens
met sleeve tattoos en ander ouens wat te bang is
om gaatjies in hul ore te skiet en voor my sit
’n kringleier van die kerk en agter my
sit iemand wat haarself naweke ’n paaldanser
noem (omdat sy wil of omdat
sy moet – dit betaal darem haar huur)
en sy lyk altyd so gelukkig want dis 2017 en
almal dra chokers
alles is okay solank jy dit kan regkry om kuns te maak
uit ’n droe maandagoggend dis 2017
en as iemand oor ’n honderd jaar ’n foto
van ons moet sien sal hulle geen
idee he waarmee ons besig is nie
en ek wonder of hulle my instagram-foto
van ’n filterkoffie so romanties sal vind soos ek
oor ’n verbleikte foto uit die 1950’s voel
en of hulle net sal weet dat als okay is
want dis maandag en ek dra
my nuwe choker en sit langs
die ou met die spul tattoos en my oor brand want
ek het nog ’n gaatjie laat inskiet
*
Elodi Troskie is 19 jaar oud, maar het die siel van ’n 70-jarige
catlady. Sy is ’n student op Stellenbosch en hoop om binnekort
genoeg Frans te ken om haar lewenslange droom as redaktrise
van Vogue in Frankryk te kan bewaarheid. Verdere toekomsplanne
sluit in om in ’n dakwoonstel erens in die een of ander stad in te
trek en dit te versier volgens haar duisende Pinterest-boards. Sy
dink sy het al heeltemal te veel tyd gemors om gedigte te lees en
te skryf, maar die lewe sou so stil wees daarsonder.
**
’n nag ontwrig
(Marcel Spaumer)
gisteraand sewe gelyktydige
aanvalle noord van my oos van my jy
het my eerste gesoen
vyftien minute se doodskote
omdat ek jou die minste verwag het
die knal: jou hand in myne
jou oe jaag my lyf se inwoners na skuilplek-soek.
’n noodtoestand deur die kop gewek hier teen my
bors ’n handgranaat hartklop
in die donker my ribbes tralie
oop toe oop.
la ville de l’amour is jy nie.
lyfskoot kopskoot doodskoot
oral bloeiselreen skrapnel
die Eiffel staan.
*
Marcel Spaumer is gebore in Sandton, maar trek die land vol
saam met ’n nomadiese moeder en sy tweelingbroer. Nou noem
hy Kaapstad sy huis, waar hy tans werk as ’n storie-ontwikkelaar
en tekskoordineerder vir die kykNET- en kykNET & Kie-sepie
Suidooster. Hy het onlangs sy meestersgraad in Afrikaans en
Nederlands aan die Noordwes-Universiteit voltooi.
**