Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 March 20188 March 2018

Nuwe publikasie: Openbare domein (Daniel Hugo)

Openbare domein

Daniel Hugo

Openbare domein is Daniel Hugo se vyftiende digbundel en is toeganklike gedigte vir gewone lesers en letterkundiges. Hugo geniet wye mediadekking as digter, vertaler, resensent, rubriekskrywer, radiovoorleser en openbare onderhoudvoerder. Hugo is een van Afrikaans se voorste en gewildste digters. Hugo het al meer as vyftig werke uit Nederlands in Afrikaans vertaal; dit sluit in romans, digbundels, asook kinder- en jeugboeke. Hy is in 2014 en 2017 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon vir sy vertaling van onderskeidelik Tom Lanoye se Sprakeloos en Stefan Hertmans se Oorlog en Terpentyn.

Hugo het in 1987 sy doktorsgraad in die letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat ontvang vir sy ondersoek na die vernufsvers in Afrikaans. Na ʼn tydperk as lektor in Bloemfontein was hy twintig jaar lank radio-omroeper by RSG en daarna uitgewersredakteur by Protea Boekhuis. Deesdae is hy voltyds ’n vertaler en vryskut-taalpraktisyn. (Naledi, 2018. • R 175.00, Sagteband, • 114 p, 213mm x 137mm; ISBN: 978-1-928426-07-3)

.

.

Suidpunt

 

die wind waai noord – vanaf die stoep hoor ons

die arm buurt se geradbraakte brakke:

’n eindeloos godskryende geblaf

wat deur murg en been sny – ek verbeel my

ek hoor elke wurgketting wat ratel

en die fyn getjank wat uit dun kele

kom – slap Angelsaksiese sentiment,

maak ek my wys, en totaal onvanpas

hier waar ons suig aan brandsiek Afrika

se uitgeteerde, dorre tepellyf

.

(Uit: Openbare domein. Daniel Hugo, 2018.)

.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Onderhoud met Daniel Hugo (Openbare domein) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d