Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 May 201830 May 2018

Hein Viljoen. Hersiene lemma (Plagiaat) op LTT

Wat is plagiaat? Die pas hersiene lemma deur Ronél Johl daaroor in Literêre terme en teorieë (LTT) gee ‘n prikkelende ander kyk daarop en bevraagteken onder andere die metafoor van diefstal. Johl skryf ook:

“Die geskiedenis van die moderne literêre gebruik van die term wys dat dit sedert die agtiende eeu selektief in die kritiek aangewend word om groot skrywers se kreatiwiteit en oorspronklikheid aan te prys en mindere skrywers tot die vergetelheid te relegeer.”

Lees verder by

http://www.litterm.co.za/index.php/lemmas/33-p/1574-plagiaat-2.

Literêre terme en teorieë, ‘n omvattende ensiklopedie van literêre terme in Afrikaans onder redaksie van T T Cloete, het in 1992 by HAUM-Literêr verskyn. Dit is lankal uit druk, maar ons het dit  vanaf 2009 gedigitaliseer en dit is sedert 2015 gratis aanlyn beskikbaar by www.litterm.co.za. Die teks van die 2007-uitgawe van Van Gorp et al. se Lexicon van literaire termen maak, met die goedgunstige toestemming van die  outeurs, deel uit van LTT aanlyn. LTT is daarom ‘n onskatbare bron van literêre kennis en literêre begrippe in Afrikaans (en ook in Nederlands).

LTT word tans hersien en bygewerk danksy ‘n ruim finansiële toekenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Plagiaat is die jongste hersiene lemma wat geplaas word.

Kommentaar op Plagiaat en op LTT in die algemeen is welkom. Ek is veral op soek na medewerkers vir die verdere bywerking van LTT. As jy ‘n goeie stuk oor ‘n belangrike literêre begrip êrens in jou rekenaar (of laai) het, laat my weet. Dan kan ons dit vir LTT oorweeg. Ek kan ook vir jou ‘n lys van lemmas stuur waarvoor ons nog skrywers soek.

Hein Viljoen

hein.viljoen@nwu.ac.za

LTT webadres: http://www.litterm.co.za/index.php

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Hein Viljoen. Groot avonture in die (onlangse) Afrikaanse poësie
N.P. van Wyk Louw 50. Hein Viljoen →

1e kommentaar op “Hein Viljoen. Hersiene lemma (Plagiaat) op LTT”

  1. Annora Eksteen says:
    26 May 2018 at 03:47

    Baie dankie vir die plaas van ‘n meer in diepte kyk na plagiaat. http://www.litterm.co.za/index.php/lemmas/33-p/1574-plagiaat-2
    Dit was altyd in my kop toe ek begin probeer het om kreatief te skryf. Ek het later net gedink: as dit iewers ‘n klok lui, gaan kyk maar weer daarna, probeer dink waar dit vandaan kom, stel dit anders, en so aan.
    Maar hoe interessant en verligtend om te lees met veral die treffende aanhaling van Jonathan Lethem aan die einde.’n Stukkie wat ek bêre en nog lekker diep oor gaan… nadenk.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d