Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 June 201823 June 2018

Resensie: Vandag wil ek my blou skoene dra (Koos Kombuis)

Vandag wil ek my blou skoene dra. Koos Kombuis, Naledi, 2018

Resensent: Marius Crous

Koos Kombuis skryf in die gedig “alles vergeel”(23) dat hy in sy vorige lewe onder meer ‘n rockster, ’n matroos en ’n doos van bellville-oos was. Verder aan in die gedig noem hy dat almal mettertyd “yesterday’s heroes” word en vergeet gaan word. Elders in “die reggemaakte huisman” (12) verwys hy na homself as iemand op “’n kruistog teen / middeljarigheid” en tipeer homself as “’n oorgewig, sekslose / reggemaakte huisman.”

Hiermee verwoord Kombuis die kern van sy jongste digbundel, Vandag wil ek my blou skoene dra, (Naledi, 2018). Waar hy voorheen die alternatiewe en uitdagende digter-musikant was, is hy nou middeljarig en vervelig en al rebelsheid wat oorbly, is om in geforseerde verset te kom teen Calvyn en die godsdiens – nes sy karakter Ds Theuns Opperman in Raka, die roman.

Wat die titel en die voorbladontwerp betref, merk hy in ’n onderhoud teenoor René Bohnen op: “Dalk is hierdie kommen skoene juis die perfekte metafoor om te verduidelik wie ek nou is en wat vir my deesdae, op die ouderdom van 63, belangrik is?”

Die uitgewer het seker ook gedink hulle gaan hier ’n scoop hê met Koos Kombuis se “ryp-word-bundel” wat hy sy geskenk aan homself noem. Dit is ook sy eerste bundel in twintig jaar en hierin voel hy soos ’n wafferse “don quichot op sy malteserpoedel” (12) wat windmeule bestorm. In “ek lê nou anders” (18) beskryf hy dat hy tot selfinsig gekom het:

ek is nou ’n mens

vir die eerste keer.

ek loop dieselfde pad as altyd

maar sonder

al daai seer.

Maar helaas, die ouderdom en die voorskrifte van die “diktatuur van dig” (6) het hom ingehaal. Tam beelde, geykte en vreemde beeldspraak (“weer sonsopkomste brei soos ’n nuwe trui”), oordadige alliterasie, rymdwang en dieselle ou storie, oor en oor. Vergelyk die volgende:

dankie heer,

dankie meneer,

ek bedank u al hoe meer

vir die soveelste keer

vir hierdie goeie weer

hierdie groot gebeur. (1)

Selfs die satiriese inslag van die verse is nie skerp genoeg nie. Soms is die taalgebruik te omslagtig vir ‘n gevestigte digter. Waarom tog skryf oor die “pleine van ongeregtigheid” of die “spelonke van vergete individualisme”? Of ’n gedig soos “soos ’n mens” (28) kan net as ’n parodie gelees word, want ernstig kan mens dit beslis nie opneem nie:

wat ’n voorreg

om net te lewe!

een asemteug op ’n slag,

van dag tot dag

sonder stres of strewe,

so ewe

net as mens

voort te bestaan

in hierdie godgegewe

staptog

onder son en maan!

Kombuis is bekend vir sy spot met die geskiedenis, die politiek en met die fatsoenlike burgery; met resensente en akademici en hoogdrawende taal. Maar die spotskrifte in hierdie bundel het mens al elders teëgekom.

Benewens ’n bestekopname van sy lewe is daar ook in die bundel heelwat selfspot en selfrelativering en die kenmerkende ontnugtering met die ouderdom. Dit verwoord hy in die slotgedig “dis my laaste gedig …” soos volg:

ek is klaar gewroeg

genoeg gespoeg

verby geswoeg

lewensmoeg

en grys gebaard. (47)

Onlangs het Koos Kombuis op klyntji.com genoem dat daar meer resensente en resensies moet wees, want anders gaan daar geen “intelligente gesprek en ‘n warboel lewendige en ingeligte opinies” wees nie en “alles [sal] mettertyd vervlak tot blote geraas of hoogstens entertainment. Soos wat inderdaad al lankal begin gebeur het met ‘n te groot persentasie van Afrikaanse musiek.” Myns insiens som dit die aard van sy jongste digbundel ook op, veral die gedeelte oor die “entertainment”, want dit sal sy getroue volgelinge in hierdie bundel aantref.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: ‘n ope brief aan Dorian Gray (Ruan Fourie)
Resensie: Jan, Piet, Koos en Jakob (Loftus Marais) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d