Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 October 2018

De Waal Venter. Riglyne tot gebed

Riglyne tot gebed

 

My gedagtes wat wyd rondloop

begin stadig naderstaan

om die klip.

 

Dit vat langer vir party

om by te kom,

want hulle was baie ver.

 

Een het gesit en kyk

hoe ’n vrou

grassaad tussen haar hande vryf

tot daar ’n hopie lê

op die velletjie voor haar.

 

’n Ander een

het met ’n stok

(toegegee, nie ’n baie geskikte instrument nie)

gesteek-steek in die los grond

in die stikdonkerte

van ’n sonlose deel van die maan.

Hy het die los grond opgetel

(handskoene aan, natuurlik)

en in die skerp lig van sy flits

gesoek na yskristalle.

Ja, hier en daar het iets geblink.

 

Uiteindelik was naastenby almal

rondom die klip bymekaar.

 

En nou dat ons bymekaar is?

Nou stap ons in,

sê die sterk een wat uit die niere kom.

 

Ons stap in.

Binne welf die blou kristalplafonne

hoog bokant ons.

Waterpoele lê stil

soos slapende koeie

in kristallyne holtes.

 

’n Luggie trek en streel oor ons neuse.

Hier binne

kan mens bid.

Dink net baie mooi

wat jy wil vra.

Jou gebed bly net hier.

 

© De Waal Venter. 2018

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← De Waal Venter. Verras deur ‘n gelukkie
De Waal Venter. Gedigte oor sterflikheid en verganklikheid 2 →

1e kommentaar op “De Waal Venter. Riglyne tot gebed”

  1. Marinda van Onselen says:
    13 October 2018 at 06:02

    Leersaam,verrykend!!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d