DIE INGRID JONKER-PRYS VIR AFRIKAANSE POËSIE 2019
Digters of hul uitgewers word uitgenooi om in te skryf vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie van 2019.
Voltooi asb die aangehegte inskrywingsvorm en besorg dit saam met drie eksemplare van ‘n Afrikaanse debuut-digbundel wat in die jare 2017 en 2018 verskyn het en volgens die reglement* vir die Ingrid Jonker-prys in aanmerking kom, aan:
Die Ingrid Jonker-pryskomitee
P/a Protea Boekwinkel
Bergzicht Plaza
Andringastraat
Stellenbosch
7600
Stuur asseblief ook die inskrywingsvorm aan die sameroeper van die komitee, Ronel de Goede (Foster), by: rf@sun.ac.za
Let asb op dat die Protea Boekwinkel slegs as ontvangspunt van die bundels dien. Navrae moet nie aan Protea gerig word nie, maar aan Ronel de Goede. Die komitee is groot dank verskuldig aan die Protea Boekwinkel.
Die sluitingsdatum vir voorleggings is 28 Februarie. Die kortlys sal teen 15 Junie bekend gemaak word en die wenner sal op 1 Julie aangekondig word. Prysoorhandiging sal in September by die Tuin van Digters in die Breytenbach-sentrum in Wellington geskied.
* Die reglement verskyn hier op Versindaba se webblad.
——————————————————————
Ingrid Jonker-prys
Inskrywingsvorm 2019
(vir Afrikaanse digbundels met ‘n ISBN wat in 2017 of 2018 gepubliseer is)
Lees asb die reglement* deur om seker te maak dat u bundel kwalifiseer.
Digter: Van en naam: ………………………………………………………………………………………………..
Bundeltitel: ……………………………………………………………………………………………………………….
………………………………………………………………………………………………………………………………….
ISBN: ………………………………………………………………………………………………………………………….
Uitgewer: …………………………………………………………………………………………………………………..
Kontakbesonderhede:
E-posadres van uitgewer: ………………………………………………………………………………..
Telefoon-/selnommer van uitgewer: ……………………………………………………………….
E-posadres van digter: ……………………………………………………………………………………..
Telefoon-/selnommer van digter: ………………………..…………………………………………..
Hierdie inskrywingsvorm moet saam met drie eksemplare van u bundel besorg word aan:
Die Ingrid Jonker Pryskomitee
P/a Protea Boekwinkel
Bergzicht Plaza
Andringastraat
Stellenbosch
7600
Stuur asseblief ook die inskrywingsvorm aan die Sameroeper van die komitee, Ronel de Goede, by: rf@sun.ac.za
Let asb op dat die Protea Boekwinkel slegs as ontvangspunt van die bundels dien. Navrae moet nie aan Protea gerig word nie, maar aan Ronel de Goede. Die komitee is groot dank verskuldig aan die Protea Boekwinkel.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 28 Februarie.