Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 May 2019

Pablo Neruda. Vertaling in Afrikaans

Pablo Neruda. Vertaal in Afrikaans deur De Waal Venter.

 

Ode aan ʼn horlosie in die nag

In die nag, in jou hand het my horlosie
gegloei soos ʼn vuurvlieg. Ek het dit

hoor tik:
soos ʼn droë fluistering
het dit opgestyg
uit jou onsigbare hand.
Toe kom jou hand
terug na my
donker bors
om my slaap en sy ritme raak te vat.

Die horlosie
het aangehou saag aan die tyd
met sy klein sagie.
Soos in ʼn bos
val
stukkies hout
druppeltjies, stukke
takke of neste,
sonder om die stilte te versteur,
sonder om die koel donkerte te beëindig, en so
het die horlosie die tyd aanhou saag
uit jou onsigbare hand,
tyd, tyd
en minute
het geval soos blare

vesels
van gebroke tyd,
klein swart veertjies.
Soos in die bos
het ons wortels geruik,
water laat êrens
ʼn vet druppel val
soos ʼn nat druiwekorrel.
ʼn Klein meultjie
het die nag gemaal,
die donkerte het gefluister

terwyl dit uit jou hand geval het

en die aarde gevul.

Stof,
aarde, afstand
in die nag
het my horlosie
gemaal en gemaal
uit jou hand.

Ek het
my arm
onder jou onsigbare nek gesit, onder die warm gewig,
en in my hand
het die tyd geval,
die nag,
klein geluidjies
van hout en die bos,
van verdeelde nag,
van stukkies donkerte,
van water wat val en val:
dan
daal slaap neer
uit die horlosie en uit
jou slapende hande,
dit het geval soos die donker water van die bosse,

van die horlosie
na jou liggaam,
van jou af na nasies, donker water,
tyd wat val
en stroom
binne ons.

En so was dit daardie nag,
donkerte en ruimte, aarde en tyd,
iets wat stroom en val

en verbygaan.
En dit is hoe al die nagte oor die aarde skuif,
en net ʼn vae
swart reuk agterlaat,
ʼn blaar val,
ʼn druppel
op die aarde
demp sy klank,
die bos slaap, die waters, die velde,
die klokke,
die oë.

Ek hoor jou en jy haal asem, my geliefde,
ons slaap.

 

(Pablo Neruda. Oda a un reloj en la noche

En la noche, en tu mano brilló como luciérnaga mi reloj.)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Pablo Neruda. Vertaling in Afrikaans
Resensie: Vandag is boordensvol (Gedigte van Pablo Neruda, vertaling) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d