Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 May 20195 February 2020

Basil du Toit. Vertaling in Afrikaans

Basil du Toit. Vertalings in Afrikaans, deur Helize van Vuuren.

 

KLIPGATGROT, WALKERBAAI

 

Kuslyne het hul voedsel-

vondse afgeskud, hul in soutkomme vasgevang

vir gety-ure, hul aan stekelrige rotse

vasgesuig onder kalsiumdeksels;

 

dis ‘n verdeling van mondjiesvol

vir geduldige rapers met nette en

lemme; skeppend en skurend versamel

hul die snotterige oes, ryk aan

 

marine olies, positiewe soute, suiwerende

sure; verganklike geslagte gaan so verby,

gevoed op die nimmerrustende branding,

hierdie gekonsentreerde dieet, ure van vryheid.

 

Hulle het gedryf oor die neerslag, ape

wat hul metodes verplaas het

van vyebome na seekuste – hand

tot mond, maag tot brein, vet tot slaap.

 

Kultuur was klimaat – ‘n mistige see-

waas, rustigheid; ‘n groeiende omvang

van afvalhope (voëlbene en visbene,

arikreukelkolke en mosselkappies en

 

perlemoenskulpe) het hul rykdom bevestig;

‘n opgewonde gebabbel het uit grotbekke

geborrel na die daal van die nag –

met kletsende enkelskulpe

 

het die jagters hul wêreld teruggedans

na feesmakers in die vuursirkel, herstellend

aan ‘n hele dag se skitterende ervaring

deur die wonderbaarlike niks van hul stemme –

 

die reuk van see-afval op die dryflyn,

die sien van ‘n druppende walvisstert hoog gelig

agter die branders, die knopperige

rollende ruggraat van ‘n suidelike walvis.

 

– Basil du Toit (Stilet 29, Maart 2017)

 

____________

KLIPGAT CAVE, WALKER BAY

 

Coastlines have shed their culinary

pickings, trapping them for tidal

hours in salty basins, clamping them

under calcium caps to prickly rocks;

 

it is a distribution of mouthfuls

for patient scavengers with nets and

blades; scooping and scouring they

gather the snotty harvest, rich in

 

marines oils, positive salts, purging

acids; ephemeral generations passed

thus, stoked on neverceasing surf,

this concentrated diet, hours of leisure.

 

They drifted over the deposits, apes

who had transferred their methods

from fig trees to sea shores – hand

to mouth, belly to brain, fat to sleep.

 

Culture was climate – a misty marine

haze, tranquillity; a spreading girth

of middens (bird bones and fish bones,

whelk whorls and mussel bonnets and

 

limpet hoods) attested to their wealth;

excited babbling bubbled out of

the openings of caves after nightfall –

with chattering ankle-shells

 

the hunters danced their world back

to feasters in the fire circle, restoring

a whole day’s bright experience

by the miraculous nothing of their voices –

 

the smell of sea-trash in the driftline,

sight of a dripping fluke lifted high

beyond the breakers, the knobbly

rolling spine of a southern whale.

 

– Basil du Toit (Stilet 29, Maart 2017)

———

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d