Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 June 20191 June 2019

André Bréton. Vertaling in Afrikaans

André Bréton. Vertaal in Afrikaans deur Juanita Louw.

 

Onderweg na San Romano

André Bréton

 

Poësie word gemaak in ʼn bed soos liefde

die verkreukelde lakens is die bakermat

poësie word gemaak in die woud

 

dit het ruimte nodig

nie hierdie een nie maar die ander omskryf

deur die wou se oog

dou op vleiriet

die herinnering aan ʼn bottel Traminer

gewasem op ʼn silwer skinkbord

ʼn hoë toermalynsuil oor die see

en die pad van geestesavonture

steil hellend

maar stop jy is dit gou dig begroei

 

dis nie iets om van die dakke te verkondig nie

en dink twee keer voor jy die deur oop los

of vir ooggetuies roep

 

banke vis die neste van mese

spoorstawe by die ingang van ʼn groot stasie

die weerkaatsing van beide oewers

groewe op vars brood

skuimborrels in ʼn stroom

die dae op die almanak

hertshooi

 

die liefdesdaad en die skryfdaad

is onversoenbaar

met die hardoplees van koerante

 

die baan van die sonstraal

die blou skynsel wat die bylhale van

die houtkapper snoer

die string van die hartvormige, mandjievormige

vlieër

die ritmiese slag van bewersterte

die ywer van weerlig

die gooi van suikeramandels van die bordes

van ou trappe

sneeustortings

 

die saal van illusies

nee menere dis nie die agste Kamer

of die dynsigheid van kasernes op Sondagaande nie

 

dansfigure deurskynend beskrywe

oor poele

teen ʼn muur met dolke gegooi die buitelyne

van ʼn vrou se lyf

helder krinkels rook

die krulle in jou hare

die spiraal in ʼn sponskoekrol

kronkels van die koraalslang

die geilte van klimop teen bouvalle

daar is oorgenoeg tyd daarvoor

 

die poëtiese fiksering soos die fiksasie van die vlees

terwyl dit duur

veroorloof geen vergesigte van die wêreld se ellende

 

 

(Sur la Route de San Romano deur André Bréton, vert. deur Juanita Louw / 2019)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d