André Bréton. Vertaling in Afrikaans
André Bréton. Vertaal in Afrikaans deur Juanita Louw.
Onderweg na San Romano
André Bréton
Poësie word gemaak in ʼn bed soos liefde
die verkreukelde lakens is die bakermat
poësie word gemaak in die woud
dit het ruimte nodig
nie hierdie een nie maar die ander omskryf
deur die wou se oog
dou op vleiriet
die herinnering aan ʼn bottel Traminer
gewasem op ʼn silwer skinkbord
ʼn hoë toermalynsuil oor die see
en die pad van geestesavonture
steil hellend
maar stop jy is dit gou dig begroei
dis nie iets om van die dakke te verkondig nie
en dink twee keer voor jy die deur oop los
of vir ooggetuies roep
banke vis die neste van mese
spoorstawe by die ingang van ʼn groot stasie
die weerkaatsing van beide oewers
groewe op vars brood
skuimborrels in ʼn stroom
die dae op die almanak
hertshooi
die liefdesdaad en die skryfdaad
is onversoenbaar
met die hardoplees van koerante
die baan van die sonstraal
die blou skynsel wat die bylhale van
die houtkapper snoer
die string van die hartvormige, mandjievormige
vlieër
die ritmiese slag van bewersterte
die ywer van weerlig
die gooi van suikeramandels van die bordes
van ou trappe
sneeustortings
die saal van illusies
nee menere dis nie die agste Kamer
of die dynsigheid van kasernes op Sondagaande nie
dansfigure deurskynend beskrywe
oor poele
teen ʼn muur met dolke gegooi die buitelyne
van ʼn vrou se lyf
helder krinkels rook
die krulle in jou hare
die spiraal in ʼn sponskoekrol
kronkels van die koraalslang
die geilte van klimop teen bouvalle
daar is oorgenoeg tyd daarvoor
die poëtiese fiksering soos die fiksasie van die vlees
terwyl dit duur
veroorloof geen vergesigte van die wêreld se ellende
(Sur la Route de San Romano deur André Bréton, vert. deur Juanita Louw / 2019)