Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 June 201926 June 2019

Persvrystelling : Ingrid Jonker-prys: Kortlys 2019

Persvrystelling :  Ingrid Jonker-prys: Kortlys 2019

Die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse debuutdigbundels wat in 2017 en 2018 gepubliseer is, is pas bekend gemaak. Die prys word jaarliks beurtelings aan ʼn Afrikaanse of ’n Engelse debuutdigbundel toegeken – die twee tale waarin Ingrid Jonker geskryf het.

ʼn Rekordgetal van sewentien bundels is voorgelê en die kompetisie was besonder straf. Die volgende bundels verskyn op die kortlys (in alfabetiese volgorde volgens die digters se vanne): Corné Coetzee se Nou, hier, Pieter Odendaal se Asof geen berge ooit hier gewoon het nie en Jolyn Phillips se Radbraak.

Die wenner word op 1 Julie bekend gemaak en die prys word in September by die Breytenbach-sentrum in Wellington se Tuin van Digters oorhandig.

Aangesien die beoordelaars van die prys volgens die reglement gepubliseerde digters moet wees, is dit ’n prys van digters aan digters. Vanjaar is die beoordelaars Zandra Bezuidenhout, Martjie Bosman en Ronelda Kamfer.

Ronel de Goede is die sameroeper van die Ingrid Jonker-komitee. Die ander komiteelede is Finuala Dowling, Vincent Oliphant, Kobus Moolman en Marius Crous. Danie Marais, vorige voorsitter, tree as adviseur op.

Kontakpersoon: Ronel de Goede (Foster): rf@sun.ac.za

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d