Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 August 20191 April 2021

Nuwe publikasie: Rooiborsduif (Versamelbundel) Breyten Breytenbach.

Rooiborsduif: Gedigte oor die Liefde.
Breyten Breytenbach

Samesteller: Charl-Pierre Naudé

’n Oorsig van Breyten Breytenbach se digkuns is ‘n voëlvlug oor ‘n wye era: vanaf die jare sestig tot vandag, waarin beide Europa en Afrika hulself radikaal herdefinieer het. In hierdie herdefiniering staan Breyten Breytenbach, die digter, mens en denker soos ’n skakelende deurpos. Elke gedig is soos ’n tekening of ’n skildery waarin tekens en betekenis in vloeiende verbande tot mekaar staan en waarin gunstelingtemas weer en weer ter sprake kom – elke keer uniek geskommel soos kwashale op die doeke van Jackson Pollock se skilderye of die stippels in ’n kaleidoskoop wat nooit ophou draai nie.
Die gedigte is chronologies gerangskik volgens die digter se lewensgang: jongmenslewe in Kaapstad, Parys, effektiewelike bannelingskap weens sy huwelik, terugkeer en tronkstraf, die buiteland. En oplaas ’n onrustige pendelaarslewe tussen noorde en suide van die aardbol, waarin volledige tuiskoms slegs in die arms van die liefde is. (Human & Rousseau, 2019, 192 pp; hardeband, prys R300, ISBN13:9780798178761)
[Yves T’sjoen skryf die volgende: In de aanloop van Breyten Breytenbachs tachtigste verjaardag is de anthologiebundel Rooiborsduif. Gedigte oor die liefde verschenen (met dank aan Dewald Koen voor de coverfoto). De titel verwijst naar het gedicht dat in 2014 is verkozen tot “het mooiste liefdesgedicht in het Afrikaans” (Writers Unlimited i.s.m. Week van de Afrikaanse roman). In september verschijnt in het fonds van Podium ‘Allerliefste’ met 25 liefdesgedichten (getiteld naar het eerste woord van ‘Rooiborsduif’ en geselecteerd door Charl-Pierre Naudé, vertaling door Laurens van Krevelen). Tuin van Digters (13-14 september), Nacht van de Poëzie (Utrecht, 28 september) en het Gents Centrum voor het Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika (UGent, 16-18 oktober) hebben de schrijver binnenkort te gast.]

https://www.writersunlimited.nl/nieuwsbericht/terugblik-rooiborsduif-van-breyten-breytenbach-verkozen-tot-mooiste-afrikaanstalige-gedicht

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

3e gedagtes oor “Nuwe publikasie: Rooiborsduif (Versamelbundel) Breyten Breytenbach.”

  1. Charl-Pierre Naude says:
    27 August 2019 at 18:57

    Al wat ek kan se, is: Laat die tjorts opnuut begin! 🙂

    Reply
  2. Breyten Breytenbach says:
    27 August 2019 at 12:33

    Geërde kameraad Karel-Petrus , liewe Nèlleke –

    Dis nie innig aan ons flikkerende ‘kultuur’ om emosies te wys of te laat sien mens is aangedaan nie. En ek vertrou nie meer my ‘verdedigingsmeganismes’ om te help keer om nié te laat blyk hoe eenvoudig dankbaar mens is nie…

    Julle sal maak dat ek op hierdie onrype ouderdom ontydig en onbetaamlik aan die huil gaan – en dit dan in woorde probeer wegsteek – en dan begin die tjorts opnuut – en dan is julle van voor af in die verleentheid oor die ou man wat net nie sy draai kan kry, nié soos die Siena van ouds die sware stampers en dowwe klinkers wil neersit nie.

    Wat sê mens behalwe ‘dankie’? Dis vandag die 27ste. (Sover ons weet, en tot vanaand.) ‘n Goeie datum vir ‘n mooigemaakte baken. Ek het geblaai en geproefproe en is, as inkommer, trots op wat julle gedoen het. Dit is mooi! Dankie aan die vormgewers.

    En Charl-Pierre: ek het gelees – dankie dat jy soveel wat andersins onleesbaar sou wees toeganklik en anders en nuut gemaak het.

    Dankbaar, my krone –

    Jan Ka’afir Afrika

    Reply
  3. Charl-Pierre Naude says:
    27 August 2019 at 07:41

    Dis vir my ‘n eer om by hierdie publikasie betrokke te wees. Breyten is ‘n werelddigter. Maar ook iemand wat enige plaaslike, in die sin van plek sowel as moment, MEER plaaslik in sy eie tooiings kan maak voel en lyk, as enige iemand waarvan ek weet. Lank lewe hierdie oomblik, in sy plek en ook daarbuite. Dankie aan Human & Rousseau, aan Nelleke de Jager, aan al die meewerkers, aan die genadige Noodlot en sy engeltjies, en aan dit wat Afrikaans as letterkunde deur en deur verdien.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d