Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 October 2019

Cas Vos. ’n Ode vir Kodi Lee

’n Ode vir Kodi Lee

 

“America’s Got Talent,” September 2019

 

Vir nege maande het jy gespartel

in jou ma se broei-oond.

Toe maak jy jou verskyning

en jy lyk so anders as ander.

Met vae vrae is jou ma na die internis.

Sy verdoemende uitspraak was:

“Die kind is ongeneesbaar: ’n outis.”

 

Toe weet jou ma: jy is ’n misbaksel.

Dié broodjie het nie gerys nie.

“Waarom, Here, moet ek die hel

en bitter van my eersteling smaak?”

 

Jou ooglede het jou oë gesluier,

lig het ligweg by jou verbygegaan,

jou tong het woordlomp gestruikel.

“Wat gaan van my word?

Ek het aan alles ’n tekort.

As volslae outis strompel ek

van afgrond tot afgrond.”

 

Soos Paramenides1 vra ek die godin

om haar leisels in toom te hou

en my syns- en sinvraag te beantwoord:

“Waarom in hemelsnaam is ek gekies

om in die sonwa na die godepaleis te reis?

Ek vrees die Onsienlike sal my verjaag.

Kan ek nie op aarde ’n ligstraal opvang nie?”

 

In Kodi se stikdonker het die Onsienlike

Hom oor die dwalende seuntjie ontferm

en aan hom die gawe gegee om note

te hoor en met sy klankryke stem te sing.

Op die dag van die groot kompetisie

het Kodi ma-vas onbeholpe rondgewaggel

maar toe wonderbaarlik ’n melodie gespeel

 

en soos ’n engel gesing, die skare was

asemsnakkend en trane het gestroom.

’n Tydlose oomblik van verwondering.

Kodi ry in die stralende sonwa;

die skare juig – hy is die algehele wenner.

Hy is: Bridge over troubled waters.2

 

1 Parmenides (rondom 500 v.C) was een van die denkers van die vroeë Griekse filosofie. Slegs die eerste deel van sy wysgerige leerdig bestaan nog. Dit begin mitologies: die filosoof klim in ’n wa wat deur ses merries getrek word. Hulle begelei hom na die god van die Reg.

2 Die lirieke van “Bridge over troubled waters” is deur Paul Simon geskryf.

  

© Cas Vos. Oktober 2019

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d