Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 January 20207 January 2020

Magmoed Darwiesj. Vertaling in Afrikaans

Magmoed Darwiesj. Vertalings in Afrikaans. Vert. deur Bester Meyer.

.

die Nag van die Uil

 

daar is -hier- ‘n hede wat nie deur die verlede omvat (kan) word nie.

toe ons die laaste bome bereik het

het ons geweet dat dit onmoontlik

vir ons sou wees om daarop ag te slaan;

en toe ons na die skepe toe teruggekeer het,

het ons gesien hoe afwesigheid

sy gekose voorwerpe opstapel,

en sy ewige tent rondom ons opslaan

 

daar is -hier- ‘n hede wat nie deur die verlede omvat (kan) word nie.

‘n garingdraad van sy word uit die moerbeibome getrek

om briewe te skryf op die bladsy van die nag.

net die skoenlappers werp lig op ons durf

soos wat dit afduik

in die put van vreemde woorde:

was daardie veroordeelde man my pa?

miskien kan ek my lewe hier verduur.

miskien kan ek nou geboorte gee aan myself

en ander briewe kies vir my naam

 

daar is -hier- ‘n hede wat in ‘n leë kombuis sit en

staar na die spore van die wat die rivier op riete oorsteek.

‘n hede wat ons fluite poleer met sy winde

 

miskien kan spraak deursigtig word,

sodat ons oop vensters daarin kan gewaar.

en miskien kan tyd saam met ons vlieg

en ons toekoms in sy bagasie dra

 

daar is -hier- ‘n tydlose hede en niemand kan iemand hier vind nie.

niemand onthou hoe ons soos ‘n vlaag wind by die deur uitgegaan het,

en teen watter uur ons van gister geval het nie.

dit was toe dat gister in skerwe op die teëls versplinter het –

vir ander om opnuut bymekaar te kom in spieëls

om hulle beelde oor die van ons te reflekteer

 

daar is -hier- ‘n pleklose hede.

miskien kan ek (nou) my lewe verduur en uitroep -in die nag van die uil:

was hierdie veroordeelde man my pa, wat my met sy verlede belas?

miskien sal ek getransformeer word in my naam;

en my ma se woorde, en manier van lewe

– presies soos hulle moet wees- verkies.

tog kon sy my elke keer ompraat as sout my bloed aangeraak het,

en kos gee elke keer as ‘n nagtegaal my in die mond gebyt het

 

daar is -hier- ‘n verganklike hede.

vreemdelinge hang hulle gewere hier aan olyftakke op

om hulle aandete haastig uit blikpotte voor te berei

en dan weer voort snel na hulle trokke toe

 

Uit: Waarom het jy die Perd alleen gelaat? (1995) Vertaal deur Amira El-Zein en geredigeer deur Munir Akash en Carolyn Forché in Unfortunately, It was Paradise (2003) In Afrikaans vert. deur Bester Meyer.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d