Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 January 20207 February 2020

Nuwe publikasie: Die waarheid oor duiwe (Gisela Ullyatt)

 

Agtergrond

Die waarheid oor duiwe is Gisela Ullyatt se debuutbundel oor intieme ruimtes, jeugherinneringe en verlies. Die sentrale tema wat deur die bundel aangespreek word, dui op ’n proses van vervreemding van die alledaagse, toenemende vereensaming, verlies en verlange. Sekerhede word opgeskort en die donker ondertone van die daaglikse, dikwels teleurstellende en selfs ontstellende werklikheid word ontbloot. Hierdie aanbod vind plaas teen die agtergrond van onder andere ’n religieuse onderbou van Bybelse en ook Boeddhistiese verwysings (veral in afdeling drie se haikoegedigte), wat ’n rol speel om die gegewe saam te snoer en bepaalde temas uit te bou.

 

Oor die outeur

Gisela Ullyatt is in 1977 in Bloemfontein gebore en behaal die grade MA (Duits) en MA (Engelse taalstudie) aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy behaal haar PhD (NWU) in 2013 en haar tesis handel oor die Amerikaanse digter Mary Oliver, gesien vanuit ’n Boeddhistiese raamwerk. Sy dig sedert haar hoërskooldae en van haar gedigte is in Nuwe Stemme 5 opgeneem waardeur sy bewys gelewer het van haar vaardighede as digter. Sy en haar man, Tony, hou hulle soms besig met literêre vertaling en was deel van die vertaalprojek In a Burning Sea, met Marlise Joubert as samesteller. Sy behartig ook ’n blog op die poësiewebwerf, Versindaba waar sy gereeld bydraes lewer. Daar word met afwagting uitgesien na haar debuut.

 

Verkoopsmoontlikhede

’n Bundel wat vir ’n paar debuutpryse in Suid-Afrika in aanmerking sal kom.

 

Lesersprofiel

Intellektuele lesers.

 

TITEL: Die waarheid oor duiwe
OUTEUR: Gisela Ullyatt
GENRE: Poësie
PRYS: R200.00 (BTW ingesluit)
VERSKYNINGSDATUM: Februarie 2020
ISBN (gedrukte boek): 978-1-4853-1066-2
FORMAAT: 213 x 137 mm
HARDEBAND/SAGTEBAND: Sagteband
AANTAL BLADSYE: 92
VERSPREIDING: Wêreldwyd

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Gisela Ullyatt. Facebook en Die Groot Poësiebrander. (Deel 3)
Nuwe publikasie: tussenganger (Marius Crous) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d