Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 January 202029 January 2020

Tomas Tranströmer: Vertaling in Afrikaans

 

 

Tomas Tranströmer: Vertaling uit Sweeds in Afrikaans. Vert. deur De Waal Venter

 

Under tryck

Den blå himlens motordån är starkt.

Vi är närvarande på en arbetsplats i darrning.

 

 

Onder druk

 

Die blou lug se motordreuning is oorverdowend.

Ons leef hier op ‘n sidderende werksvloer

waar die seediepte skielik kan verskyn –

skulpe en telefone ruis.

 

Skoonheid kan jy net haastig van die kant af sien.

Digte graan op die land, ‘n klomp kleure in ‘n goue stroom.

Die rustelose skadu’s in my kop soontoe gesleur.

Hulle wil in die graan inkruip en dit in goud verander.

 

Donkerte sak toe. Middernag gaan ek bed toe.

Die bootjie vaar weg van die grote.

Jy is alleen op die water.

Die samelewing se romp dryf al hoe verder weg.

 

© De Waal Venter

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Octavio Paz. Essay: Vertalings in Afrikaans. (De Waal Venter)
De Waal Venter. Neponimiese poësie →

3e gedagtes oor “Tomas Tranströmer: Vertaling in Afrikaans”

  1. marlise says:
    30 January 2020 at 12:21

    Baie dankie vir die uitleg, de Waal!

    Reply
  2. De Waal Venter says:
    29 January 2020 at 12:58

    Hallo Marlise.

    Tranströmer se gedigte beskryf meestal nie werklike, alledaagse situasies en gebeure nie. Maar sy beskrywings van voorwerpe, mense en landskappe is baie treffend. Hierdie beskrywings word gewoonlik metafore wat saam met ander, oënskynlik onverwante metafore, ingeweef word in ’n gedig om te sê wat die digter wil sê. Tranströmer word nie gesien as ’n surrealistiese digter nie, maar sy werk toon sterk surrealistiese trekke.

    In hierdie gedig beskryf die digter sy persepsie en ervaring van die lewe in die algemeen. Die “werksvloer” is die daaglikse roetine, waar jy jou ook al bevind. Die boot- en skeepsbeelde word gebruik om die spreker in die gedig se gevoel van afsondering en skeiding van die breë gemeenskap te beskryf, asook “bewussynsoorgange” (slaap en wakker, werklikheid en droom).

    Dit is net ’n paar raakpunte wat ek ophaal. ’n Deeglike analise van die gedig sal heelwat meer oplewer. Let op hoe sterk die ouditiewe elemente in die gedig voorkom: bv. “oorverdowende blou lug”. Tranströmer se ouditiewe persepsie was baie sterk ontwikkel. Hy was lief vir musiek en het self die klavier bespeel.

    Reply
  3. marlise says:
    29 January 2020 at 11:48

    De Waal, dis mooi vertaal! Ek geniet sy gedigte baie. Ek wonder net watse werk is dit? Iewers op ‘n groter boot? Of is dit slegs ‘n metafoor vir alle werkendes wat met geraas moet worstel? Ons samelewings is beslis al kniediep romp en al in die water …vervreemd van die natuur.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d