Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 February 202024 February 2020

Breyten Breytenbach. 5-uur

5-uur

(vir Gisela Ullyatt, en met Daniël Hugo se helder resensie van haar bundel in gedagte)

 

dag breek niewers hier

objekte tot heuwels en wolke

en ook in intieme skemer

selfs woorde kry omvang en gewig

                         geleidelik

                         onopsigtelik

en as jy nie kyk nie

skielik is die nag iets van die verlede

en sterf jou sinne aan helderheid

elk met ‘n skarrel-skaduwee soos wat

iewers kon gewees het

 

jy vergeet om te lewe

 

oor die see word vure aangesteek

en alles vervaag en niks hou stand

hier hou water op

hier begin land

hier vlieg voëls

daar was spore verdonker in die sand

 

die bewussyn word weer in pyn ‘n gegewe :

die besef dat jy lewe

nog ‘n wyle

nog ‘n wyle

voor jy binnedonker vergeet

 

 

© Breyeten Breytenbach 2020

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Onderhoud met Gisela Ullyatt (Die waarheid oor duiwe)
Breyten Breytenbach. Vir Versindaba →

4e gedagtes oor “Breyten Breytenbach. 5-uur”

  1. Waldemar Gouws says:
    26 February 2020 at 19:53

    Dis asof jy jou skoene hier wil uittrek en weer begin lees.

    Reply
  2. Breyten Breytenbach says:
    25 February 2020 at 20:52

    Saranatayam, Gisela… En “Boji so-wa-ka…”

    Reply
  3. Gisela Ullyatt says:
    25 February 2020 at 19:54

    Vir Breyten, roshi van die digkuns, met dankbaarheid.

    Die duiwe
    koer in Zen-grepe
    die stilte, ‘n doolhof
    van helderheid
    Buddham saranam gacchami
    Dhamman saranam gacchami
    Sangham saranam gacchami

    Zafu:swart pampoen
    roshi van die kopgrot
    eet nie koue pampoen nie
    selfs nie met suiker of
    Ouma se kaneel nie

    Soos die ounag grys raak
    buig die sterre wit
    buig ek soos dun bamboes

    in my bors klop:
    Shantih Shantih Shantih

    Gisela Ullyatt 25/02/2020,Oos-Londen.

    Reply
  4. Marlise says:
    24 February 2020 at 23:35

    ‘die besef dat jy lewe’ – wat ‘n mooi gedig! Ook baie spesiaal vir Gisela. Ons het altyd woorde om mee te vlieg…

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”
  • Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier
  • Gerard Scharn. die unpersonen

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d