Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 May 2020

Breyten Breytenbach. Vir Versindaba

 

Daar is so baie mense – te veel – wie mens nooit sal leer ken om ‘n mondjievol woorde mee te wissel nie ; daar is so baie digters, ook oor die eeue heen, met wie jy in gedagtes sou wou tree om te ja-maar of ‘n beaming te mompel by die lees van hulle tekssterf, maar hierdie deurgang wat ons ‘lewe’ noem is weinig meer as kortpad-vat en jy kom nie by al die stanings uit nie. Dit word seker ook gerig deur wat jy op ‘n gegewe moment raaksien. Dan is dit nie aan te beveel om vanuit Parys ‘n venster oop te maak op wat ver hiervandaan gebeur nie…

 

My eerste twee aan(d)tekenings as verstekelinge is vir Charl-Pierre Naudé, miskien met die gedagte dat daar tog ‘n Parys in die Vrystaat is (tot vryheid in staat ?), te ver om te loop en te na om te ry ; my derde gesang is vir Gisela Ullyatt. Niemand kan haar na-praat nie.

 

 

die keiser se skaduwee in die hemel

 

Napoléon – op al sy swerftogte

na die ontwykende droom van mag

deur bevryding, oor slagvelde

met ‘n nagwaak se melkweg van lyke bestrooi

in paleise waar in elke kooi ‘n nooi

naak getooi en mooi soos melk wag –

 

het nag vir nag

buite geslaap

hoed op die kop

gestewel en gespoor

slegs in sy groot jas toegerol

 

om oë oop of toe

na Jupiter te staar

asof hy al sedert die begin

dood is

 

*

 

 

sous-entendu : stilskryf

(vir lees tussen die snoere)

 

hoe omvattend daardie woord

soos die keiser se jas

wanneer hy punt in die wind

die melkweg in ‘n idioteboot bevaar

na die eiland van vergaan

 

gryp !

 

die greep vang niks vas

behalwe afwesigheid in die jas

as omwoorde begrip van die nieweesniewers

van nikswordnêrens

 

ook wanneer die melkemmer se geklingel

dood se ryp-word kristal-lig in die skrywe beskrywe

 

dit wil sê

dis nie te sê nie

maar wel te hoor

wanneer ‘n kiel die nat

in die water naat

en smoor

 

om naamlik net wat nié geuiter

of begryp is na te laat

in die keel :

 

dat die uur van die koei

reeds ryp (soos) as is

 

 

*

 

 

aardsengel

 

mens is altyd self

jou eie demoon

om te verskoon

totdat jy opeens onthou

jy is ook jou eie

inwonende verwonde engel

waaraan jy jou moet wend

en na meriete

van verdriet en vreugde

mag behou

of oor kan rou

al is dit ook slegs

met die stil

rietbeweging

se vlerkdans woorde

 

want dit is

soos dit sal wees na behoorte

wanneer al wat voël is

ophou sing in die boord

 

en julle drie

die laaste passies meet –

te wete : engeldemoon,

mens-is-altyd-self,

en skrywe –

 

© Breyten Breytenbach, 2020

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Breyten Breytenbach. 5-uur
Breyten Breytenbach. ‘n gedig →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d