Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 March 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Robert Schall (Vertaling in Duits 2)

 

 

 

Klipwerk. ’n Tweede keur

 

 

die katstert en die angelier

verlede jaar was die kind nog hier

die swart rapuis en die besembos

hoe ‘t jy my dan nou gelos

 

*

 

die geel-perské en die langelyspeer

ai hoe ‘t ek gistraand regeer

die hout is op en die katel is koud

Maandag is die hart weer oud

 

*

 

Jafta, Josef en September,

wie was by die vat

Oktobermaand is nagmaal

wie was by die vat

watter man moet die trouwyn koop

watter man moet die kind laat doop

wie was by die vat

slaat die prop in, slaat die prop in

wie was by die vat

Kat

se blad

 

*

 

moenie krap waar die vlooi byt

krap is vrywe, vrywe slyt

 

*

 

Verdriet is my voornaam

en Trou is my van

maar hierdie kind

gaan Welgesind

en Traak-my-tog-nie hiet

 

*

 

my voete loop na Monteku

maar ek gaan Woester toe

lê lê in die wingerd, kind

want ek kom Woester toe

 

*

 

skraler as ’n riet

o, o skraler as ’n riet

die bloubos het die goue pit

en ek het die verdriet

 

*

 

die sindeling die kom so

reier-reier-langbeen aan.

Is dit dalk weer Oupa Jonas?

Sie-en-ga dit is sy naam.

 

Oorkant agter die skut-kraal

was dit glo weer sulke tyd

nee a, jakkals, ou-kalant,

los vanjaar se lamsvleis uit

 

*

 

ek dra die blou steen in my hand

hy vat my hart na anderland

 

*

 

die jil-patat is warm, maar

ek wéns dit was koud

die padda wil nie kwaak nie

die padda kry te koud

 

toemaak onder die velkombers

die jinne sal kom kyk

só lyk die blou bul

láát die kinders kyk

 

*

 

kyk die fieteljienies

alkant toe trap hy

bo in die mied se blom

onder in die mied se kom

 

*

 

o jou lekker-loop

sies, jou losbeen-ram.

Oupa Skilpad kom maar

weer op gister aan

 

*

 

meisie meisie meisiekind

die botterboom is glad en glip

die turksnaald blom al weer só

sy blou slaan in die klip in

 

*

 

die soel kind en

die rooi granaat

rinkhalskraai

sy stap kordaat!

 

die aarde is

so uit die smaak

dis hartseer en

die wit-oog-maak

 

*

 

jangroentjie brand die middag

hy maak die kafhok groen

wêreld wêreld wêreld wyd

die kind sy wou dit doen

Steinwerk. Eine zweite Auswahl

 

 

die nelke und der fingerhut

sie war mir letztes jahr noch gut

der ginster und der wegerich

warum lässt du mich jetzt im stich

 

*

 

rot ist die kirsche, der pfirsisch war gelb

gestern abend regiert‘ ich die welt

das holz ist alle, das bett ist kalt

Montag ist das herz wieder alt

 

*

 

Jafta, Josef und September,

wer war schon beim fass

abendmahl ist im Oktober

wer war schon beim fass

welcher mann muss den trauwein kaufen

welcher mann lässt das kind dann taufen

wer war schon beim fass

hau den spund rein, hau den spund rein

wer war schon beim fass

weise

Nas

 

*

 

kratz nicht wo der floh dich beißt

kratzen ist reibung, reibung verschleißt

 

*

 

Gram ist mein name

und Treue mein stand

doch dieses kind

wird Wohlgesinnt

und Schert-mich-nicht genannt

 

*

 

mein fußwerk geht nach Montagu

doch ich auf Wuster zu

leg dich in den wingert, kind

ich komm auf Wuster zu

 

*

 

so rank und schlank und schmal

o, so rank und schlank und schmal

der blaubusch hat den goldenen kern

und ich die herzensqual

 

*

 

da kommt die alte kutte wieder

storch-im-salat hier angerannt.

Ist das etwa Opa Jonas?

Pfui-und-bah wird er genannt.

 

Drüben hinterm kraal, angeblich,

war es wieder mal so weit

ab, schakal, du alter gauner,

lass dem jungen lammfleisch zeit

 

*

 

ich trag den blaustein in der hand

er führt mein herz nach anderland

 

*

 

die süßkartoffel ist heiß, doch

ich wünschte sie wäre kalt

der frosch will nicht quaken

dem frosch ist zu kalt

 

deck dich mit der decke zu

das luder kommt zum gucken

so sieht der blaue bulle aus

lass die kinder gucken

 

*

 

schau die firlefänzchen

er tritt nach allen seiten

oben auf die diemendecke

unten in das diemenbecken

 

*

 

o du luder-bock

pfui, du liederjan.

Opa Schildkröt kommt schon

wieder gestern an

 

*

 

mädel mädel mädelskind

der butterbaum glitscht glatt und fein

das helmkraut blüht schon wieder so

sein blau schlägt ins gestein

 

*

 

das dunkle kind

der rote granat

ringeltäubchen

marschiert sie gewagt!

 

die erde ist

so seicht und schal

augen-rollen

herzensqual

 

*

 

der grünling brennt den mittag

er macht den schober grün

welten welten welten weit

sie wollt, sie wollte ihn

 

Vertaal deur Robert Schall

© Robert Schall 2020

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← N.P. van Wyk Louw 50. Robert Schall (Vertaling in Duits 1)
Nuwe Bundel. Wat ek van klippe weet: Jan Wagner →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Feesmaalgang" (Dietloff van der Berg)
  • Resensie: “De ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)
  • Resensie: "Ontbloot" (Marthé McLoud)
  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)

Nuutste bydraes

  • Caren Kearley. Herfsdroom
  • Joan Hambidge. Die donker kom van buite
  • Stephan du Toit. gewigloos
  • Caren Kearley. Deurweekdae
  • Caren Kearley. Net vir nou

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Ronel de Goede. Kremetartboom8 May 2026

    Lekker om weer so ‘n knap gedig van jou te lese te kry, Ronel.

  2. Dr PS Swathe on Jeanne Henning Els. Openbaring8 May 2026

    Bietjie voorspelbaar maar dit laat mens ook nogal dink aan die charismatiese kerkbeweging.

  3. Joan Hambidge on Ronel de Goede. Kremetartboom7 May 2026

    'n Komplekse gedig. Gelaai met subtekste (Die kremetartekspedisie, o.a.) en die hele debat oor postkolonialisme. Aangrypend en 'n sterk vers!

  4. Joan Hambidge on Nuwe Bundel. Pieter Hugo: Vryval5 May 2026

    Geluk met hierdie bundel - ek lees dit tans. Die verskillende tegnieke en die toonaard wat wrang-ironies of speels is,…

  5. Dr PS Swathe on Joan Hambidge. Naggesprekke en polemiek4 May 2026

    Dis in elke geval net 'n poging tot 'n storm in 'n teekoppie, gepoog te pleeg deur een of twee…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d