Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 February 20203 March 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Robert Schall (Vertaling in Duits 1)

 

Klipwerk. ’n Eerste keur

 

dat akkers op die sinkdak val

en vye op die ringmuur breek

*

terpentyn

terpentyn

onder sy stert

onder sy stert

kyk hoe sit ou Koos vanmôre

hand in die sy op die trippel-perd

*

keer ‘ie ding

keer ‘ie ding

o boeties keer ‘ie ding

moenie laat hy

hierheen kom

boeties keer die ding

 

daar is seep aan die onderkant

kyk hy kom

kyk hy kom

daar is seep aan ‘ie onderkant

kyk hy kom, kom, kom

 

hoor ‘an net die volk lawaai

sit in die drif en gly op die draai

o

o

o

o

mense keer die ding

*

die middag voel na warm as

die voetpad en die klipsweet

die sit aan jou voetsool vas

*

luwerk, luwerk, luwerk

gooi hom veer-waai, breek sy vlerk.

Skop dan, kolhaas, in jou bloed!

Ek vat jou wit kwas vir my hoed

*

bitter alwee in my bek

duiwelsdrek

ek wens hy’t nuwejaar gevrek

 

jy gaan by die mol sit!

spit hom, spit!

jou helsteen, jou karbonkelpit

*

my peits se naam is Rooi Sambal

hy krul om annerland

skrop die hings se lieste

vat hom met jou hand

*

Padda en ou Jan-Fiskaal

gaan die bokke veil

Padda het manel aan

en Jan-Fiskaal dra Sondag keil

*

op elke bakent sit

vanaand ‘n hamerkop

die Ou met die duk ding

hou die kleingoed dop

 

vóór die môre-ster wys

gaan ‘n kleinding vrek

moenie laat die kinders skree

daar’s bies aan sy bek

*

die wind se onderkant is wit

want waar hy op die koring sit

daar maak hy die hele wêreld wit

*

die aardryk is vandag puur blou

dis bosduifblou en erdeblou

en rand-om kleinkat-oog se blou

*

die haan se kop is af, o!

die haan se oog is vaal

steek ‘n doring deur die oog

Satang kan dit uit-haal

*

mens, as jy die wysbrouers

so eenkant, eenkant lig,

dan maak ek rooikeel vir die glas.

Die wêreld is maar soos hy is.

*

hy kou die vuur

en die blink in sy bek

sy nek is tot

by sy stert gerek

 

hy klou aan die aarde

handskoenvas

die swart en die wit

en die klipsweetgras

 

sy pens in die nag

maak spikkel-wit

raai raai

wat is dit

 

Steinwerk. Eine erste Auswahl

 

dass eicheln auf das blechdach fallen

und feigen auf dem ringwall brechen

*

terpentin

terpentin

unter den schwanz

unter den schwanz

schau wie sitzt er heute morgen

hoch zu ross, schau es trippelt und tanzt

*

stoppt das ding

stoppt das ding

o kinder stoppt das ding

lasst ihn bloß nicht

hierhin kommen

kinder stoppt das ding

 

seife an der unterseite

guckt er kommt

guckt er kommt

seife an der unterseite

guckt er kommt, kommt, kommt

 

hört nur, hört die meute kreischen

sitzt in der trift und schlittert in den schleifen

o

o

o

o

leute stoppt das ding

*

der mittag ist wie asche, heiß

der fußpfad und der klippschweiß

sind in deinen fuß geschweißt

*

lerche, lerche, lerche

triff sie dass die fetzen fliegen.

Hase, zuck in deinem blut!

Ich steck dein schwänzchen an den hut

*

bitterwurz in meinem maul

teufelsdreck

wär er neujahr doch verreckt

 

du wirst ins nächste loch gesteckt!

scharre, scharr ihn ein!

du eitersack, du höllenstein

*

mein riemen heißt der Rote Brand

er ringelt sich um anderland

schrubb dem hengst die leisten

nimm ihn bei der hand

*

Frosch und Jan-Fiskal

versteigern vieh und gut

Frosch trägt Sonntag seinen frack

und Jan-Fiskal zylinderhut

*

heut abend setzt auf jeden pfahl

ein hammerkopf sich drauf

der Bursche mit dem dicken ding

passt auf die kleinen auf

 

bevor der morgenstern sich zeigt

geht ein kleines ein

biestmilch ist an seinem maul

lass die kinder bloß nicht schrein

*

das unterteil vom wind ist weiß

denn wo er auf dem weizen sitzt

macht er die ganze gegend weiß

*

das erdreich ist heut lauter blau

so taubenblau und erdeblau

und rand-um kätzchen-augen blau

*

der kopf vom hahn ist ab, o!

sein auge ist jetzt graus

steck einen dorn ins auge

Satan zieht ihn raus

*

mensch, wenn du die braue

so links nach oben ziehst,

dann nehm ich mir das glas zur brust.

Die welt ist halt so wie sie ist.

*

er kaut in seinem maul

das feuer und den glanz

sein nacken streckt sich

bis zum schwanz

 

er haftet an der erde

mit eiserner kraft

am schwarz und am weiß

und am klippschweißgras

 

weiß-getüpfelt wölbt sich

sein bauch in der nacht

rat‘, rat‘

was ist denn das

 

 

© Robert Schall 2020

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Joachim Ringelnatz. Vertaling in Afrikaans
N.P. van Wyk Louw 50. Robert Schall (Vertaling in Duits 2) →

13e gedagtes oor “N.P. van Wyk Louw 50. Robert Schall (Vertaling in Duits 1)”

  1. Waldemar Gouws says:
    2 March 2020 at 20:47

    Baie dankie Bernard vir die opklaring. Ekskuus dat ek jou bedoeling so skeef opgevat het.

    Robert Schall se vertaling van “Klipwerk” is goeie nuus vir my. (Slegte nuus is die ongeluk waarin die pianis Angela Hewitt se unieke Italiaanse klavier afgeskryf is, en die feit dat die ster Betelgeuse algaande dowwer word).

    Reply
  2. Bernard Odendaal says:
    2 March 2020 at 14:31

    Waldemar, naas waarskynlike respekkoestering vir Robert se vertaalwerk, wou ek beweer dat Van Wyk Louw sekerlik in sy skik sou wees oor die FEIT dat “Klipwerk” nou ook in (die deur hom geliefde) Duits te lees is. Helaas moes die Van Wyk Louw-huldigingspan by Versindaba maar inglip by die agterdeur oopgelaat deur juis daardie bloemleser-“griffioene” waarvan jy skryf, naamlik om hierdie (en volgende week se) keure uit Robert se “Steinwerk”-omsettings te kan plaas. Hy het naamlik die hele gedig in Duits vertaal – en ons hou duim vas hy kry dit kort voor lank in die geheel, saam met sy ander Van Wyk Louw- en byvoorbeeld sy Boerneef-vertalings, in boekvorm gepubliseer.

    Reply
  3. helize van vuuren says:
    2 March 2020 at 13:19

    ‘n Heerlike vertaling, dankie.
    Daar’s egter nog ‘n bloemlesers-griffioen in my persoonlike skoen: die verskillende stemme duidelik hoorbaar in die teks (en onderstreep deur die digter se eie bladuitleg van meerdere kolomme, in die winter van 1954 te Amsterdam) gaan verlore by so ‘n ingestopte-wors-in-een-derm-effek.
    Te begrype dat dit makliker is sovir wie ookal bloemlees – maar die tipografie praat hard en duidelik in dié teks mee, en dit gaan verlore in ‘n één-gestopte-wors-uitleg… (vir meer toegligting, sien hier:https://www.academia.edu/37729584/Stone_Work_Klipwerk_from_Nuwe_verse_New_verse_1954_NP_van_Wyk_Louw_)

    Reply
  4. Waldemar Gouws says:
    1 March 2020 at 21:44

    Prof. Odendaal kompliseer die vlak van die kommentaar deur ‘n greep uit die retorika te berde te bring om sy standpunt oor die gehalte van die vertaling te staaf, nl. dat die digter self die vertaling van prof. Schall sou sanksioneer, derhalwe moet die vertaling dus goed wees. Die feit dat die groot digter in die winter van 1970 dood is, word nie betwis nie.

    Mahmoud Darwish se houding jeens vertalings van sy werk, was net die teenoorgestelde van wat deur prof. Odendaal weerkaats word. Toe Darwish gevra is om vertalings van sy gedigte voor te lees vir ‘n gehoor wat nie Arabies magtig was nie, het hy geantwoord met: “Ek lees net my eie gedigte voor.”
    (Hy het dit verkies dat die vertaler self die weergawes in Engels voorlees).

    Prof. Schall het iets wesentliks raakgevat toe hy besluit het om “Klipwerk” te vertaal. Gelukkig het Van Wyk Louw ‘n paar maande voor sy dood oor hierdie gedig geskryf (“Rondom eie werk” pp. 36-52). “… [E]intlik sien ek daardie reeks as iets taamlik sentraals in my werk – selfs in my lewe…” sê hy. En ook: “[Ek het] van “Klipwerk” as ‘n gedig of reeks gepraat … ómdat ek dit nie as net ‘n opeenvolging van los versies beskou nie, maar as ‘n geheel. (Om hierdie rede het ek die uitgewer gevra om nie toe te laat dat los fragmente daaruit in bloemlesings opgeneem word nie – òf die geheel, òf niks. Maar ja – bloemlesers is soms griffioene).

    Prof. Odendaal bring ‘n interessante aspek na hierdie tafel, nl. die opinie van die digter i.v.m. die aard van die vertaling van sy werk.

    Reply
  5. Bernard Odendaal says:
    1 March 2020 at 08:52

    Ek reken Van Wyk Louw sou besondere genoeë gehad het aan hierdie Duitse vertaalwerk. Uitstekend, prof. Schall!

    Reply
  6. Waldemar Gouws says:
    29 February 2020 at 18:17

    Beste mnr. Schall, baie dankie vir die sortering van daardie woorde, asook vir u gevoeligheid t.o.v. die klankskemas.

    Groete

    Waldemar

    Reply
  7. Gerard Scharn says:
    29 February 2020 at 15:40

    Leute statt Meute?

    Reply
  8. Robert Schall says:
    29 February 2020 at 14:13

    Beste Kommentaarskrywers, baie dankie vir al die kommentare. Die komplimente geniet ek, en die kritiese kommentare is vir my baie waardevol.

    Kinder: In Duits is “Kinder”, as plurale tantum, ʼn informele “Anrede an mehrere Personen“ (www.duden.de; betekenis 3b). Dus verwys die “Kinder” in die vertaling nie noodwendig na kinders nie. Maar om die verwysing na manlike persone duidelik te maak, is iets soos “Jungs” waarskynlik ʼn beter keuse. NB: “Jungs” in Duits het nie die rassistiese konnotasies van “jong” en “jongens” in Afrikaans nie.

    Meute: Onder andere verwys die Duitse woord “Meute” na ʼn “größere Zahl, Gruppe von Menschen, die gemeinsam auftreten, agieren“ (www.duden.de; betekenis 2). Dus word “Meute” nie noodwendig (baie) pejoratief gebruik nie. Toegegee, onder die sinonieme van “Meute” lys die Duden o.a. “Mob” en “Pöbel”, maar ook die neutrale “Gruppe, Schar” en “Schwarm”. Die spesifieke mense waarna die vers verwys, is lawaaierig, gedra hulle wild, en is heel moontlik aangeklam. Na my gevoel sou ʼn effens afkeurende, of selfs net ʼn jaloerse waarnemer (jaloers want hy is nie deel van die pret nie) so ʼn groep mense in Duits maklik ʼn “Meute” noem. As iemand “gespuis” sou dink, sou hy waarskynlik in Duits ʼn woord soos “Gesindel” of “Gelichter” gebruik. Na dit alles gesê is, is “Bande” miskien tog ʼn beter keuse (“Gruppe gleich gesinnter Menschen, häufig Gruppe Jugendlicher, die gemeinsam etwas unternehmen“; http://www.duden.de; betekenis 2).

    Reply
  9. Waldemar Gouws says:
    28 February 2020 at 22:37

    Baie dankie vir hierdie besonder vernuftige en waarderende aandag aan “Klipwerk,”Herr Schall. Ek hoop u prik die belangstelling van baie Duitsers hierdeur. ‘n Hef aan lê voor oor die Roggeveldse en Sutherlandse bron.

    Enkele kwessies wat my opval, is bv. eerstens die vertaling van “boeties” – onder u tweede asterisk – met “kinder,” waardeur die seunskinders sowel as ander mansense wat deur die woord ingesluit word, plus die spreker se houding teenoor die boeties, nie die prominensie verkry wat hul toekom nie.

    Tweedens, onder dieselfde tweede asterisk is die reël “hoor ‘an net die volk lawaai” met die vertaling van “volk” as, m.i., die onvanpaste “meute,” want ek verstaan “meute” as gespuis of gepeupel. Die plaaswerkers, almal bruin mense, en die dorpsarbeiders, almal bruin mense toe (gedurende die eerste helfte van die vorige eeu), en nakomelinge van die eerste bewoners van daardie wêreld, word juis nie deur Van Wyk Louw as ‘n gespuis onthou en beskryf nie.

    En laastens, sien ek Roberts’ gee vir al wat laksmanvoël is die Duitse naam “Würger” en vir die janfiskaal “Fiskalwürger” met verwysing na die reël onder die sewende asterisk: “Padda en ou Jan-Fiskaal” met die Duits “Frosch und Jan-Fiskal.”

    Weer eens dankie vir u arbeid!

    Reply
  10. Marlies Taljard says:
    28 February 2020 at 21:59

    Herzlich gratuliert! Was Sie sich da vorgenommen haben, ist Ihnen gut gelungen! Auf Deutsch klingt es halt genau so gut wie in Afrikaans!

    Reply
  11. Leendert Dekker says:
    28 February 2020 at 20:15

    Wie Sie dieses seltsames Idiom im Herzen begreifen und in der deutsche Sprache wiedergeben können!

    Reply
  12. Gisela Ullyatt says:
    28 February 2020 at 12:49

    Tolle Übersetzung!

    Reply
  13. Gerard Scharn says:
    28 February 2020 at 10:17

    Verrassend VWL in het Duits!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d