N.P. van Wyk Louw 50. Robert Schall (Vertaling in Duits 1)
Klipwerk. ’n Eerste keur
dat akkers op die sinkdak val en vye op die ringmuur breek * terpentyn terpentyn onder sy stert onder sy stert kyk hoe sit ou Koos vanmôre hand in die sy op die trippel-perd * keer ‘ie ding keer ‘ie ding o boeties keer ‘ie ding moenie laat hy hierheen kom boeties keer die ding
daar is seep aan die onderkant kyk hy kom kyk hy kom daar is seep aan ‘ie onderkant kyk hy kom, kom, kom
hoor ‘an net die volk lawaai sit in die drif en gly op die draai o o o o mense keer die ding * die middag voel na warm as die voetpad en die klipsweet die sit aan jou voetsool vas * luwerk, luwerk, luwerk gooi hom veer-waai, breek sy vlerk. Skop dan, kolhaas, in jou bloed! Ek vat jou wit kwas vir my hoed * bitter alwee in my bek duiwelsdrek ek wens hy’t nuwejaar gevrek
jy gaan by die mol sit! spit hom, spit! jou helsteen, jou karbonkelpit * my peits se naam is Rooi Sambal hy krul om annerland skrop die hings se lieste vat hom met jou hand * Padda en ou Jan-Fiskaal gaan die bokke veil Padda het manel aan en Jan-Fiskaal dra Sondag keil * op elke bakent sit vanaand ‘n hamerkop die Ou met die duk ding hou die kleingoed dop
vóór die môre-ster wys gaan ‘n kleinding vrek moenie laat die kinders skree daar’s bies aan sy bek * die wind se onderkant is wit want waar hy op die koring sit daar maak hy die hele wêreld wit * die aardryk is vandag puur blou dis bosduifblou en erdeblou en rand-om kleinkat-oog se blou * die haan se kop is af, o! die haan se oog is vaal steek ‘n doring deur die oog Satang kan dit uit-haal * mens, as jy die wysbrouers so eenkant, eenkant lig, dan maak ek rooikeel vir die glas. Die wêreld is maar soos hy is. * hy kou die vuur en die blink in sy bek sy nek is tot by sy stert gerek
hy klou aan die aarde handskoenvas die swart en die wit en die klipsweetgras
sy pens in die nag maak spikkel-wit raai raai wat is dit |
Steinwerk. Eine erste Auswahl
dass eicheln auf das blechdach fallen und feigen auf dem ringwall brechen * terpentin terpentin unter den schwanz unter den schwanz schau wie sitzt er heute morgen hoch zu ross, schau es trippelt und tanzt * stoppt das ding stoppt das ding o kinder stoppt das ding lasst ihn bloß nicht hierhin kommen kinder stoppt das ding
seife an der unterseite guckt er kommt guckt er kommt seife an der unterseite guckt er kommt, kommt, kommt
hört nur, hört die meute kreischen sitzt in der trift und schlittert in den schleifen o o o o leute stoppt das ding * der mittag ist wie asche, heiß der fußpfad und der klippschweiß sind in deinen fuß geschweißt * lerche, lerche, lerche triff sie dass die fetzen fliegen. Hase, zuck in deinem blut! Ich steck dein schwänzchen an den hut * bitterwurz in meinem maul teufelsdreck wär er neujahr doch verreckt
du wirst ins nächste loch gesteckt! scharre, scharr ihn ein! du eitersack, du höllenstein * mein riemen heißt der Rote Brand er ringelt sich um anderland schrubb dem hengst die leisten nimm ihn bei der hand * Frosch und Jan-Fiskal versteigern vieh und gut Frosch trägt Sonntag seinen frack und Jan-Fiskal zylinderhut * heut abend setzt auf jeden pfahl ein hammerkopf sich drauf der Bursche mit dem dicken ding passt auf die kleinen auf
bevor der morgenstern sich zeigt geht ein kleines ein biestmilch ist an seinem maul lass die kinder bloß nicht schrein * das unterteil vom wind ist weiß denn wo er auf dem weizen sitzt macht er die ganze gegend weiß * das erdreich ist heut lauter blau so taubenblau und erdeblau und rand-um kätzchen-augen blau * der kopf vom hahn ist ab, o! sein auge ist jetzt graus steck einen dorn ins auge Satan zieht ihn raus * mensch, wenn du die braue so links nach oben ziehst, dann nehm ich mir das glas zur brust. Die welt ist halt so wie sie ist. * er kaut in seinem maul das feuer und den glanz sein nacken streckt sich bis zum schwanz
er haftet an der erde mit eiserner kraft am schwarz und am weiß und am klippschweißgras
weiß-getüpfelt wölbt sich sein bauch in der nacht rat‘, rat‘ was ist denn das
|
© Robert Schall 2020
Verrassend VWL in het Duits!
Tolle Übersetzung!
Wie Sie dieses seltsames Idiom im Herzen begreifen und in der deutsche Sprache wiedergeben können!
Herzlich gratuliert! Was Sie sich da vorgenommen haben, ist Ihnen gut gelungen! Auf Deutsch klingt es halt genau so gut wie in Afrikaans!
Baie dankie vir hierdie besonder vernuftige en waarderende aandag aan “Klipwerk,”Herr Schall. Ek hoop u prik die belangstelling van baie Duitsers hierdeur. ‘n Hef aan lê voor oor die Roggeveldse en Sutherlandse bron.
Enkele kwessies wat my opval, is bv. eerstens die vertaling van “boeties” – onder u tweede asterisk – met “kinder,” waardeur die seunskinders sowel as ander mansense wat deur die woord ingesluit word, plus die spreker se houding teenoor die boeties, nie die prominensie verkry wat hul toekom nie.
Tweedens, onder dieselfde tweede asterisk is die reël “hoor ‘an net die volk lawaai” met die vertaling van “volk” as, m.i., die onvanpaste “meute,” want ek verstaan “meute” as gespuis of gepeupel. Die plaaswerkers, almal bruin mense, en die dorpsarbeiders, almal bruin mense toe (gedurende die eerste helfte van die vorige eeu), en nakomelinge van die eerste bewoners van daardie wêreld, word juis nie deur Van Wyk Louw as ‘n gespuis onthou en beskryf nie.
En laastens, sien ek Roberts’ gee vir al wat laksmanvoël is die Duitse naam “Würger” en vir die janfiskaal “Fiskalwürger” met verwysing na die reël onder die sewende asterisk: “Padda en ou Jan-Fiskaal” met die Duits “Frosch und Jan-Fiskal.”
Weer eens dankie vir u arbeid!
Beste Kommentaarskrywers, baie dankie vir al die kommentare. Die komplimente geniet ek, en die kritiese kommentare is vir my baie waardevol.
Kinder: In Duits is “Kinder”, as plurale tantum, ʼn informele “Anrede an mehrere Personen“ (www.duden.de; betekenis 3b). Dus verwys die “Kinder” in die vertaling nie noodwendig na kinders nie. Maar om die verwysing na manlike persone duidelik te maak, is iets soos “Jungs” waarskynlik ʼn beter keuse. NB: “Jungs” in Duits het nie die rassistiese konnotasies van “jong” en “jongens” in Afrikaans nie.
Meute: Onder andere verwys die Duitse woord “Meute” na ʼn “größere Zahl, Gruppe von Menschen, die gemeinsam auftreten, agieren“ (www.duden.de; betekenis 2). Dus word “Meute” nie noodwendig (baie) pejoratief gebruik nie. Toegegee, onder die sinonieme van “Meute” lys die Duden o.a. “Mob” en “Pöbel”, maar ook die neutrale “Gruppe, Schar” en “Schwarm”. Die spesifieke mense waarna die vers verwys, is lawaaierig, gedra hulle wild, en is heel moontlik aangeklam. Na my gevoel sou ʼn effens afkeurende, of selfs net ʼn jaloerse waarnemer (jaloers want hy is nie deel van die pret nie) so ʼn groep mense in Duits maklik ʼn “Meute” noem. As iemand “gespuis” sou dink, sou hy waarskynlik in Duits ʼn woord soos “Gesindel” of “Gelichter” gebruik. Na dit alles gesê is, is “Bande” miskien tog ʼn beter keuse (“Gruppe gleich gesinnter Menschen, häufig Gruppe Jugendlicher, die gemeinsam etwas unternehmen“; http://www.duden.de; betekenis 2).
Leute statt Meute?
Beste mnr. Schall, baie dankie vir die sortering van daardie woorde, asook vir u gevoeligheid t.o.v. die klankskemas.
Groete
Waldemar
Ek reken Van Wyk Louw sou besondere genoeë gehad het aan hierdie Duitse vertaalwerk. Uitstekend, prof. Schall!
Prof. Odendaal kompliseer die vlak van die kommentaar deur ‘n greep uit die retorika te berde te bring om sy standpunt oor die gehalte van die vertaling te staaf, nl. dat die digter self die vertaling van prof. Schall sou sanksioneer, derhalwe moet die vertaling dus goed wees. Die feit dat die groot digter in die winter van 1970 dood is, word nie betwis nie.
Mahmoud Darwish se houding jeens vertalings van sy werk, was net die teenoorgestelde van wat deur prof. Odendaal weerkaats word. Toe Darwish gevra is om vertalings van sy gedigte voor te lees vir ‘n gehoor wat nie Arabies magtig was nie, het hy geantwoord met: “Ek lees net my eie gedigte voor.”
(Hy het dit verkies dat die vertaler self die weergawes in Engels voorlees).
Prof. Schall het iets wesentliks raakgevat toe hy besluit het om “Klipwerk” te vertaal. Gelukkig het Van Wyk Louw ‘n paar maande voor sy dood oor hierdie gedig geskryf (“Rondom eie werk” pp. 36-52). “… [E]intlik sien ek daardie reeks as iets taamlik sentraals in my werk – selfs in my lewe…” sê hy. En ook: “[Ek het] van “Klipwerk” as ‘n gedig of reeks gepraat … ómdat ek dit nie as net ‘n opeenvolging van los versies beskou nie, maar as ‘n geheel. (Om hierdie rede het ek die uitgewer gevra om nie toe te laat dat los fragmente daaruit in bloemlesings opgeneem word nie – òf die geheel, òf niks. Maar ja – bloemlesers is soms griffioene).
Prof. Odendaal bring ‘n interessante aspek na hierdie tafel, nl. die opinie van die digter i.v.m. die aard van die vertaling van sy werk.
‘n Heerlike vertaling, dankie.
Daar’s egter nog ‘n bloemlesers-griffioen in my persoonlike skoen: die verskillende stemme duidelik hoorbaar in die teks (en onderstreep deur die digter se eie bladuitleg van meerdere kolomme, in die winter van 1954 te Amsterdam) gaan verlore by so ‘n ingestopte-wors-in-een-derm-effek.
Te begrype dat dit makliker is sovir wie ookal bloemlees – maar die tipografie praat hard en duidelik in dié teks mee, en dit gaan verlore in ‘n één-gestopte-wors-uitleg… (vir meer toegligting, sien hier:https://www.academia.edu/37729584/Stone_Work_Klipwerk_from_Nuwe_verse_New_verse_1954_NP_van_Wyk_Louw_)
Waldemar, naas waarskynlike respekkoestering vir Robert se vertaalwerk, wou ek beweer dat Van Wyk Louw sekerlik in sy skik sou wees oor die FEIT dat “Klipwerk” nou ook in (die deur hom geliefde) Duits te lees is. Helaas moes die Van Wyk Louw-huldigingspan by Versindaba maar inglip by die agterdeur oopgelaat deur juis daardie bloemleser-“griffioene” waarvan jy skryf, naamlik om hierdie (en volgende week se) keure uit Robert se “Steinwerk”-omsettings te kan plaas. Hy het naamlik die hele gedig in Duits vertaal – en ons hou duim vas hy kry dit kort voor lank in die geheel, saam met sy ander Van Wyk Louw- en byvoorbeeld sy Boerneef-vertalings, in boekvorm gepubliseer.
Baie dankie Bernard vir die opklaring. Ekskuus dat ek jou bedoeling so skeef opgevat het.
Robert Schall se vertaling van “Klipwerk” is goeie nuus vir my. (Slegte nuus is die ongeluk waarin die pianis Angela Hewitt se unieke Italiaanse klavier afgeskryf is, en die feit dat die ster Betelgeuse algaande dowwer word).