Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 April 202024 April 2020

De Waal Venter. Twee gedigte

 

Rakelings

 

Voel hoe lig

hang

die nuanse

van angs,

suggestie

van vreugde,

naby mekaar.

 

Raak die een die ander,

word dit weemoed.

Nooit kan ons mekaar

in diepte ken nie

 

 

Opstanding van die verslape digter

 

Dit is mos maar so,

jy kan eintlik amper nie anders nie

as om hierdie varsgesnyde dag

in te stap nie.

 

Dit is miskien of jy amper half uitgelag word

deur daardie tortelduif

wat op die takkie hurk

van die koorsboom.

Sy bek trek so effens skeef

van sy glimlag se spot.

Is dit ooit ’n duif?

 

Nee, vandag is tog eintlik maar darem regtig heeltemal

’n lekker een om in te leef –

kyk daardie wit wolkies

wat lyk of hulle skaapkraal toe kom,

half holderstebolder oor mekaar.

 

En ek ruik koffie

wat my half heeltemal nogal regtig amper laat begin sing

van lekkerproe

en netnou se lekkerkry.

 

Ja-nee, mens moet darem regtig miskien half dink

aan opstaan en môre sê vir mekaar,

maar nou moet ek ophou skryf,

die papier is amper klaar.

 

© De Waal Venter, 2020

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← De Waal Venter. Gedigte oor sterflikheid en verganklikheid 2
De Waal Venter. Lynreg →

4e gedagtes oor “De Waal Venter. Twee gedigte”

  1. De Waal Venter says:
    23 April 2020 at 14:41

    Opperman het ‘n “Kalahari’s wit papier” gehad om op te skryf. En hy hét geskryf, alhoewel hy, volgens homself, partykeer gesukkel het om aan die skryf te kom. Daardie Kalahari was oënskynlik oneindig. Die papier sal nooit opraak nie.

    Maar ons het in die afgelope dekades agtergekom dat die aarde se bronne nie oneindig is nie. Alles word skaarser, verskeidenheid van lewe op aarde raak uitgedun, inasembare lug word minder, dit raak al hoe moeiliker om die stortaanvalle van siektes en ellendes te ontsnap. Die papier raak op!

    Maar ons kan nuwe papier maak. Ons sal dalk net ander stowwe moet gebruik en versigtiger werk dat ons onsself nie vergiftig in die proses nie.

    Toegegee, ek het die metafoor verwring. Opperman se papier, sy woestyn, was die “Groot Leegte” soos jy hierbo noem. Daar is niks en die digter moet ex nihil iets tot stand bring. Ons is gelukkig dat ons wel digters het wat vir ons nuwe dinge skryf uit niks, hier in Afrika. Ex Africa semper aliquid novum. Maar kan ons die nuutgeskepte ten beste gebruik? Hoe?

    Reply
  2. Ziets Beukes says:
    23 April 2020 at 12:28

    Miskien was ek bietjie orig in die Groot Leegte!
    Ek kan sien die tweede vers spot (ook met die “papier” wat “amper klaar” is).
    Dis goed, veral so teen die noute en groute in. Taal het so “grys” geword nou, so “streng en feitelik” (die getalle dooies, soldate, hongeriges), dat enige “musikaliteit” nou in ‘n oord gesitueer wil wees waar sy niks meer met ‘mooiklinkery’ gemeen het, wat naas die verskriklike nog onbekommerd bly opklink nie (Celan, 1958).

    Reply
  3. De Waal Venter says:
    22 April 2020 at 18:40

    Eerstens, Ziets, baie dankie dat jy my bewus gemaak het van hierdie uiters interessante webruimte, Jacket. Ek is bewus van ‘n paar ernstige linguistiese werkswyses en benaderings tot poësie, maar ek het nie van hierdie een geweet nie. Ek weet bv. van poetryassessor.com wat gedigte na waarde skat op Kunsmatige Intelligensie-linguistiese grondslag.

    Goed, die “gadflies”. Ek dink die leser moet haarself (en ook homself) afvra waarom hierdie “steekvlieë” hulleself so opdring in die gedig hierbo. Het die digter op hol gegaan, beheer verloor en in ‘n poging om sy werkwoorde trefkrag te gee, ‘n klomp “modaliteitswoorde” opgestapel? Indien wel, moet die digter terug gaan na sy tekenlei.

    Indien nie, wat sou die digter se bedoeling wees? Wil hy die aandag vestig op gesproke Afrikaans se neiging om modaliteitswoorde gulhartig rond te strooi in daaglikse gesprekke?

    Wil hy ‘n bietjie spot met hierdie neiging? (Indien wel, is dit darem regtig seker nie mooi nie, nè?).

    En ten slotte, per slot van sake (ook aan die einde van die dag, al is dit Engels) het die gedig bestaansreg buite die skerp fokus op woordstapeling? Sê dit enigsins iets?

    Terwyl jy dink,skakel ek net gou ‘n paar letterkundiges wat ek (teen billike vergoeding) kan kry om die gedig hoog aan te prys.

    Reply
  4. Ziets Beukes says:
    22 April 2020 at 16:43

    Plesierige atmosferiese verse. Een steekvlieg:
    Die bywoordreekse (“tog eintlik maar darem regtig heeltemal” ens) lyk tog altevol amper werklik veel op Enzensberger se omskrywing van “gadflies” (brommers/lastige steekvliegen) in sy Poetry Machine …
    http://jacketmagazine.com/17/enz-robot-en.html)0

    Suddenly only.
    To be sure yet.
    Provisionally first.
    Recently also.
    Occasionally I die entirely.
    In the mean time yes.
    Actually already.
    To be sure however.
    Nevertheless namely.
    Otherwise immer.

    (these gadflies)

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns II
  • Digtersprofiel: Philip de Vos
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Die dood as solesisme
  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d