Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 May 202021 May 2020

Lynthia Julius. Uit die kroes

Lynthia Julius

Uit die kroes

Omslag

In Lynthia Julius se debuutdigbundel, Uit die kroes, word die Noord­Kaapse leefwêreld opgeroep in verse wat Namawoorde op verrykende manier inkorporeer. Die gedigte aan die begin van die versameling verwys na die geskiedenis van Suid­Afrika en belig die sentrale dog geringgeskatte rol van die bruin vrou daarin. Die Kaap se slawegeskiedenis, Distrik Ses en apartheid word opgeroep aan die hand van figure soos Amria van Bengale en Dulcie September. Die hedendaagse posisie van die jong bruin vrou in Suid­Afrika word ook bekyk – hoe daar byvoorbeeld steeds van die giftige erflating van apartheid, veral hardnekkige persepsies oor ras en skoonheid, ontsnap probeer word.

 

Jy ís nie soos jou ma nie;

jy rook Marlboro op die stoep.

Jy glo, maar jy weet nog nie in wat nie.

Jy dra jou kroes hare so laat mense kan sien

glad alleen beteken nie mooi nie.

 

Oor die skrywer

Lynthia Julius is gebore op Springbok, het grootgeword in Kimberley en woon tans in Bloemfontein. Sy beskik oor ’n honneursgraad in filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat. In 2018 is sy bekroon as die wenner in die Afrikaans­taalkategorie in die AVBOB­-digkunskompetisie. Uit die Kroes is haar debuutbundel.

 

Kwêla 2020. Prys: R220,00. Formaat: Sagteband, 198mm x 130mm . ISBN­13: 9780795709531

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Onderhoud met Lynthia Julius (Uit die kroes) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d