Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 May 202022 May 2020

Hennie Nortje. Bleshoenders

 

Die bleshoenders sleep

steeds slykgrasse aan.

Sagte groenigheid

om nes mee te maak.

Sodat die suidewind

vir altyd hierna,

‘n gefladder

en geplas

oor hierdie waters

aan kan dra.

 

Oupagrootjie

het destyds

‘n keerwal hier

oor die spruit

laat gooi.

Oupa en Pa

het sy bousel agterna

herhaaldelik verhoog;

oor die jare

slik uit bly bagger,

sodat ons lei-vore

die oewers al wyer

kon vergroen.

 

Drie geslagte se bleskoppe

rus reeds in die koeltes

onder die damwal.

Ons en die watervoëls

bly die oumense

immer dankbaar.

 

© Hennie Nortje, 2020

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Hennie Nortje. Eikeboom, herfs 2020
Hennie Nortjé. Heldedade in die spens →

3e gedagtes oor “Hennie Nortje. Bleshoenders”

  1. Lizzie Jantjies says:
    29 May 2020 at 12:15

    Pa, Oupa, Oupagrootjie: die Drie-enigheid:
    BLES-sed be you…
    (en jy die agterkleinkind- kleinkind- , kind-en-skrywer).
    Ons sal onthou
    (solank daar lewe in die tong
    bly bewe…)

    Reply
  2. linda Claassen says:
    26 May 2020 at 13:32

    So mooi. So sonder keuse! so geprogrammeer..so skoon!

    Reply
  3. André le Roux says:
    23 May 2020 at 12:49

    Pragtige affiliasie tussen die bleskoppe. Dankie!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Bestekopname
  • AVBOB Persverklaring
  • Willem M. Roggeman. De meerwaarde van de verbeelding
  • Joan Hambidge. Brief, 10 November 2025
  • Carina van der Walt. Paryse dagboek

Nuutste kommentaar

  1. Marlies Taljard on Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje10 November 2025

    Besonder insiggewende inleiding wat onmisbaar is wanneer mens so 'n vertaling lees. Baie geluk met 'n wêreldklas vertaling John Boje.

  2. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  3. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  4. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  5. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d