Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 May 202022 May 2020

Hennie Nortje. Bleshoenders

 

Die bleshoenders sleep

steeds slykgrasse aan.

Sagte groenigheid

om nes mee te maak.

Sodat die suidewind

vir altyd hierna,

‘n gefladder

en geplas

oor hierdie waters

aan kan dra.

 

Oupagrootjie

het destyds

‘n keerwal hier

oor die spruit

laat gooi.

Oupa en Pa

het sy bousel agterna

herhaaldelik verhoog;

oor die jare

slik uit bly bagger,

sodat ons lei-vore

die oewers al wyer

kon vergroen.

 

Drie geslagte se bleskoppe

rus reeds in die koeltes

onder die damwal.

Ons en die watervoëls

bly die oumense

immer dankbaar.

 

© Hennie Nortje, 2020

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Hennie Nortje. Eikeboom, herfs 2020
Hennie Nortjé. Heldedade in die spens →

3e gedagtes oor “Hennie Nortje. Bleshoenders”

  1. Lizzie Jantjies says:
    29 May 2020 at 12:15

    Pa, Oupa, Oupagrootjie: die Drie-enigheid:
    BLES-sed be you…
    (en jy die agterkleinkind- kleinkind- , kind-en-skrywer).
    Ons sal onthou
    (solank daar lewe in die tong
    bly bewe…)

    Reply
  2. linda Claassen says:
    26 May 2020 at 13:32

    So mooi. So sonder keuse! so geprogrammeer..so skoon!

    Reply
  3. André le Roux says:
    23 May 2020 at 12:49

    Pragtige affiliasie tussen die bleskoppe. Dankie!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d