Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 May 2020

Inskrywings tans ingewag vir die 2020 Helgaard Steyn-toekenning vir Afrikaanse skryfkuns

Aan alle Afrikaanse skrywers

Die trustees van die Helgaard Steyn Testamentêre Trust het bekend gemaak dat inskrywings tans ingewag word vir die 2020 Helgaard Steyn-toekenning vir Afrikaanse skryfkuns. Boeke wat in die tydperk 2016 tot 2019 gepubliseer is, word in aanmerking geneem.

Die Helgaard Steyn-toekenning is geldelik een van die grootste, maar ook aansienrykste pryse wat jaarliks vir die bevordering van die kunste beskikbaar gestel word. Dit word om die beurt vir skilderkuns, musiek, beeldhoukuns en skryfkuns toegeken.

Uitgewers word uitgenooi om Afrikaanse woordkunspublikasies, wat in die genoemde tydperk by hulle verskyn het, voor te lê vir beoordeling met die oog op die 2020-toekenning. Die Helgaard Steyn-Trustakte bepaal dat persone van enige geslag of ras vir die toekenning in aanmerking mag kom, mits sodanige persoon in Suid-Afrika gebore is of ten minste tweederdes van sy/haar lewe in Suid-Afrika deurgebring het.

Publikasies wat aan die genoemde vereistes voldoen moet deur die onderskeie uitgewers benoem word vir oorweging by beoordeling. Inskrywings moet alfabeties volgens skrywersvanne op ’n lys geplaas en voor 30 Mei 2020 per e-pos gestuur word aan mnr. Vincent Eastes (vincent.eastes@nwu.ac.za), wat vanjaar as koördineerder van die toekenningsproses optree.

Professore B.J. Odendaal (verbonde aan die Noordwes-Universiteit) en H.J. Pieterse (Universiteit van die Vrystaat) sal die beoordeling behartig.

Ek ontvang graag namens die beoordelaarspan u inskrywingnominasies teen 30 Mei 2020.

Die Facebook-skakel is: https://www.facebook.com/helgaardsteynawards/

Vriendelike groete

Vincent Eastes
Koördineerder

E-pos:           vincent.eastes@nwu.ac.za

Tel:               018 299 2600

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d