Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 June 20204 June 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Louis Esterhuizen

 

 

 

 

Twee herbesoeke, ʼn ander eeu

 

  1. Germanicus

 

Generaal, o generaal –

 

nou’s nié die tyd vir hinkepink nie,

nie die plek om jou ore met praatjies te stut

daar tussen die tente waar konkoksiestories

in die potte prut nie.

 

Nou is sterftyd. O deurlugtige, die vaandels

en trompetgeskal in aantog oor die vlaktes

is jou nié ter wille nie, die rooksinjale

oor jou stede van geen vreugdevuur –

 

dis eie vestings wat brand. O generaal,

nou is nié die tyd vir skuinskyk nie,

want in hierdie uur

sterf ons: aan hierdie

nou

en hier.

 

 

  1. Raka-ka-ka

 

Die hekke lê oop, die hoekpale omgestoot.

 

Niemand kom na buite of gaan binnetoe –

in iedere skuilte smul die eens gevreesde

nou as vertroueling aan

elke kouseltjie wat in die rondte

gestuur word.

 

Kyk, die hekke lê oop, die grensdrade slap.

 

Ongediertes loop vry in toegegroeide strate

en wonder waar almal heen is: stig brand,

breek af, niemand kom na buite

of gaan na binne. In elke tuiste word

vrees opgedis

 

asof dit gekook tot troos is, want wanneer hoop

 

bloot soos ʼn liggaam lê, koud en stil in die gras,

en die huis word met ʼn harder gebrul

en ʼn nuwe woede

gevul

 

moet skrik, hongerte en dors soos brood

in stilte gebreek word waar

iedereen

 

op sy eie is. Alleen. Met geen hek

om ooit weer dig

te maak.

 

© Louis Esterhuizen, 2020

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← N.P. van Wyk Louw 50. Antjie Krog
N.P. van Wyk Louw 50. Jan Swanepoel →

2e gedagtes oor “N.P. van Wyk Louw 50. Louis Esterhuizen”

  1. Waldemar Gouws says:
    14 June 2020 at 21:16

    Dankie Louis. Germanicus se laaste Louw-woorde klink nou éérs dubbelsinnig: “En dalk gaan niks verlore.”

    Die bokantse persoon, terloops, se naam herinner my aan die Kaapse Fisant se vorige ornitologiese benaming, nl. “Francolinus capensis.”

    Reply
  2. FRANCO COLIN says:
    12 June 2020 at 07:58

    Louis!!! Meesterlik: VWL en (o.a) die kroonvirus??

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d