Die burgemeester
Goliat met ‘n goue ketting
op sy koalisietroon, oorweeg
opsies links en regs en maak
somme op en somme af
want,
om ‘n dorp te lei is
‘n lonende taak
Goliat wissel van party, glimlag
al die pad na die bank, maar
dan raak die taak net te erg
want,
‘n goue ketting is veels te swaar
vir ‘n politieke dwerg
© Hannes Visser, 2020
Burgemeester van Slaplaagte?
OF
Goue Gonnakolk?
Dit klink vir my bekend, Hannes!