Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 July 202025 July 2020

Ingrid Jonker-prys Reglement

 

Ingrid Jonker se “tweede begrafnis”

 

Tydens haar “tweede begrafnis” in Julie 1965 het vriende van die jong en geliefde digteres Ingrid Jonker besluit om ʼn prys met haar naam vir debuutdigters uit te loof. Skrywers en vriende het geld bygedra, en die uitgewers en skrywers het alle inkomste uit die boeke In memoriam, Ingrid Jonker en Die Sestigers geskenk. So is die Ingrid Jonker-prysfonds gestig.

  1. Die prys word jaarliks beurtelings aan ʼn Afrikaanse of ʼn Engelse debuutdigbundel toegeken, die twee tale waarin Ingrid Jonker geskryf het. Die prys word slegs vir ʼn werk met ʼn ISBN toegeken wat gedurende die twee jaar voor die jaar van beoordeling verskyn het. Byvoorbeeld: Vir die 2019 Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie kom bundels in aanmerking wat in 2017 en 2018 gepubliseer is.
  2. Geen gesamentlike toekenning mag gemaak word nie (met ander woorde: die prys kan nie gedeel word nie) en ʼn digter kan slegs een maal vir die prys in aanmerking kom.
  3. Slegs debuutbundels wat deur Suid-Afrikaanse uitgewers gepubliseer word, kom in aanmerking vir die Ingrid Jonker-prys.
  4. Slegs digters met Suid-Afrikaanse burgerskap, of digters met óf permanente verblyfreg óf vlugtelingstatus wat in Suid-Afrika woon en werk, sal vir die Ingrid Jonker-prys oorweeg word.
  5. ʼn Digter wat reeds ʼn bundel in Afrikaans gepubliseer het, kan nie daarna ʼn Engelse bundel voorlê nie, en omgekeerd. Vertalings sal ook nie vir die prys in aanmerking kom nie. Indien ʼn skrywer egter reeds boeke in ander genres (prosa of drama) gepubliseer het en dan ʼn eerste Afrikaanse of Engelse digbundel die lig laat sien, kan hy/sy wel vir die Ingrid Jonker-prys oorweeg word.
  6. ʼn Bundel wat gedigte/tekste in Engels en Afrikaans bevat, mag wel voorgelê word. Die uitgewer sal egter in so ʼn geval moet besluit of die bundel vir die Afrikaanse of Engelse prys voorgelê word – ʼn bundel kan net een keer voorgelê word.
  7. ʼn Tweetalige komitee van vyf lede (bestaande uit sowel gepubliseerde Afrikaans- as Engelssprekende digters) vergader wanneer nodig. Ten minste twee van die vyf lede moet Engelse of Afrikaanse digters wees.
  8. Indien ʼn komiteelid bedank, wys die komitee ʼn ander lid aan. Die komiteelede moet almal gepubliseerde digters wees.
  9. Die komitee wys drie beoordelaars aan. Die beoordelaars moet ook almal gepubliseerde digters wees – die Ingrid Jonker-prys is ʼn prys van digters aan digters.
  10. Alle meedingende bundels word deur die betrokke uitgewers goedgunstiglik aan die drie beoordelaars geskenk, een eksemplaar vir elkeen.
  11. Die beoordeling vind so spoedig moontlik ná ontvangs van die bundels plaas.
  12. Elke beoordelaar kies drie topbundels. Die bundel wat eerste geplaas word, kry 5 punte, die tweede plek 3 punte, en die derde plek 1 punt.
  13. Elke beoordelaar skryf ʼn kort verslag oor die bundel wat hy of sy eerste geplaas het.
  14. Die bundel wat altesaam die meeste punte van die drie beoordelaars ontvang het, wen.
  15. Tot en met die puntetoekenning, sal die beoordeling vertroulik en individueel geskied. Voor die puntetoekenning mag geen gesprek tussen die beoordelaars gevoer word nie.
  16. In die onwaarskynlike geval van ʼn gelykop-uitslag kies die beoordelaars tussen die twee bundels wat ewe veel punte ontvang het.
  17. Indien die werke volgens die meerderheid van die beoordelaars (dit wil sê twee uit drie) nie op peil is nie, word geen prys toegeken nie.
  18. Indien slegs een bundel in ʼn gegewe jaar ter beoordeling voorgelê word, sal daar steeds drie beoordelaars aangewys word. Sou die meerderheid van die drie beoordelaars meen dié bundel is bekroningswaardig, sal die prys toegeken word.
  19. Die prys behels die rente van die Ingrid Jonker-prysfonds. Die belegging kan te enige tyd deur skenkings aangevul word, maar die prys is ʼn onafhanklike een. Borgskappe deur instansies wat kommersiële belange deur hul borgskap wil bevorder, is dus nie wenslik nie.
  20. Die prys word by ʼn gepaste publieke geleentheid oorhandig.

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d