M.M. Walters 1929 – 2020

 

 

 

Die digter M.M. Walters is vanoggend oorlede.

 

Só skryf Daniel Hugo:

 

Een van die ontroerendste gedigte wat ek ken is Walters se “Haven om te landen” uit Sprekende van God (Tafelberg, 1996). Vanuit die stoepkamer van sy hooggeleë huis in Seaforth, Simonstad, hou die digter die aandskemer oor Valsbaai dop:

 

In die koue grys skemer van die agterberg
laveer die laaste bote huis toe:
dun wit seile in ’n wintersee soek
na ’n haven om te landen.

 

Die meeue trek saam op Duikersklip
dig teen die donker en die wind
en oor die water hang ’n hunkerende roep
na ’n haven om te landen.

 

Die stomp neus van die Steenberg
los op tussen see en lug,
die nag word swart sonder lig wat wink
na ’n haven om te landen.

 

En ou herinneringe en vertwyfeling
sak oor my soos ’n swaar seemis
en heelnag deur dreun die branders en nêrens
is ’n haven om te landen.

 

Bookmark and Share

2 Kommentare op “M.M. Walters 1929 – 2020”

  1. charl-pierre naude :

    Dis swaar nuus.

  2. willem :

    geen.
    sttur leesstof asb.
    dankie

Los kommentaar

 

*

  •