Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 July 20203 August 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Ronel de Goede

 

Jezus Christus offert zijn bloed voor ons

Gustave van de Woestijne

 

wie hy ook al was

maagdekind timmermanstelg

storieverteller wonderwerker

relskopper minnaar

of te not

 

of hy was wat hy was

wysgeer gesalfde geofferde

of hy is wat hy geword het

die een wat godseun genoem word

traak my nie juis nie

 

maar wel

die rooi oë van

hierdie skildery

stories en verse

met of sonder leestekens

 

om só gestipkyk te word

deur ’n paar aardebruin oë

kykers blink van swartgeit

nie skrilsoet neergeslaan nie

ook nie jakopewer-strak nie

 

om só aangegryp te word

deur ’n geamputeerde genaelde

rooi aartjies in die oogwit

sakkies blouswart kringe

grimgesig wringlyf

 

om só uitgedaag te word

deur ’n rooi-oog woordlose

die lippe die liggaam vertrek

met uit die hart die vrymakende

saadstorting

 

om só vasgenael te word

deur ’n priemblik

bo-oor twee bleek madonnas heen

hul hande leë bakkies

betekenis

 

een wat opkyk

die ander in die niet na sy lendene

gevul met vrae

’n broodjie ’n vissie

as hulle is wat hulle was

 

is jy nou tevrede

oor die offer

as jy is wat jy is

as jy is wat hulle sê jy is

god

 

© Ronel de Goede, 2020

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← N.P. van Wyk Louw 50. Ronel de Goede
N.P. van Wyk Louw 50. Gediggesprekslys 31 Julie 2020 →

2e gedagtes oor “N.P. van Wyk Louw 50. Ronel de Goede”

  1. Ronel de Goede says:
    31 July 2020 at 20:11

    Dankie, Helize. Groete, ook aan Lizzie.
    R

    Reply
  2. Helize van Vuuren says:
    31 July 2020 at 11:14

    Dankie, Ronel: hier breek jy onbekende, verre grense oop na beter begrip van Louw-laatwerk, met die beeldende oog-gedig van de woestijn. En vir jou:

    Ouklip
    (klein hulde, groot meester)

    wis suiwer voor spel:
    my ei-fees kwelkrip
    (klier-pik lip-erk klipkerk)

    ge-root dood
    ge-roet brein
    brei-in bruid
    bruin-oog
    (git)
    Rooioog
    (God)

    woord-eind
    naak
    dein
    – Lizzie Jantjies (31 Julie 2020)

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d