Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 August 2020

Ronel de Goede. Tofet

 

Tofet

 

Nog ‘n profesie vervul!

Absoluut verstommend!

Iemand uit Ghana

laat weet via-via-via:

Lees Jeremia 7:32!

“En hule sal in Tofet begrawe,

omdat daar geen plek sal wees nie.”

En waar is Tofet?

(Sê-vra die “Geliefde Broeder”.)

Gebruik Google Maps!

Dis in Italië!

Duidelik ‘n profetiese vervloeking!

Lees en stuur aan na vyf ander!

 

*

 

buite Jerusalem

met die Potskerfpoort se pad langs

by die brandende ashope

van die dal van Ben-Hinnom

daar was Tofet se hoogte

waar kinders

op die maat van tromslae

deur die vuur moes gaan

gewy aan Baäl en Molog

geoffer aan Baäl en Molog

vergewe ons ons skuld

o vergewe ons solank ons skuld

ons doen by voorbaat boete

 

kyk hier is ons kinders

wy hulle in

as koorknape

hulle sing soos engele

hul stemme het nog nie gebreek nie

wy hulle in

as tempelprostitute

hoe aanvallig lyk hulle nie

welbehaaglik vir god en mens

neem hulle in

as offergawes

lewenslustig en onskuldig

die lammertjies

 

by die plek waar aasvoëls sirkel

gierig neerswiep

en stukke vleis afskeur

waar wilde diere en wurms

gulsig vreet aan

die kadawers op die puinhope

waar die vure

deurentyd brand

in die Moorddal

waar God se gloeiende gramskap

nooit geblus word nie

by die uiteindelike helse vuur

van Gehenna

 

*

 

Nee, Geliefde Broeder,

Tofet is orals

waar paters en maters

anderpad toe kyk.

 

© Ronel de Goede, 31 Maart 2020

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← N.P. van Wyk Louw 50. Ronel de Goede
Ronel de Goede. Ballade van die honderd dae →

3e gedagtes oor “Ronel de Goede. Tofet”

  1. Ronel de Goede says:
    19 August 2020 at 08:29

    Dankie Bester. Dankie Zandra.
    Waardeer.

    Reply
  2. Zandra Bezuidenhout says:
    18 August 2020 at 23:12

    Besondere gedig, Ronel, in vele opsigte.

    Reply
  3. Bester Meyer says:
    17 August 2020 at 17:20

    Dit is só waar. Dankie Ronel.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d