Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 August 2020

Nuwe bundel. Susanne Pike: Gisterwinter 

Susanne Pike

Gisterwinter 

Omslag

As jy asemhaal, hét jy mos ’n gister. Sonder jou gister kan jy nie jou unieke vandag wees nie. Elke gister het ook immers sy eie winter. Ervaringe, belewenisse en geheimenisse, wat soos winter, jou tot standbeeld vries om te besin oor jou menswees en hoekom jy op hierdie aarde is. Amper soos ’n vlinder wat terugvlug na die fases van sy metamorfose, net om seker te maak dat hy regtig Lepidoptera is.

Gisterwinter is ’n bundel verse waarin die spreker die soms pynlike introspeksie van kind- en grootmenswees blatant eerlik, anders-kreatief en woordekonomies weergee. Die verse is gestroop van oordrewe sentiment, maar sonder om die nodige sensitiwiteit rondom sake soos mishandeling, egskeiding en lewensverlies prys te gee.

’n Aantal liefdesverse in die bundel sinspeel ook slim op die bestaansreg van Lente wat wag na die swartryp op mislukte verhoudings.

Jong adolessente sowel as ouer generasies sal eenparig aanklank vind by hierdie bundel, want uit elk se eie gisterwinter wink daar steeds nuwe beloftes van hoop op ongeknelde groei.

Oor die outeur:

Susanne Pike is in Groblersdal, Mpumalanga, gebore. Sy matrikuleer in 1980 aan Hoërskool Ben Viljoen en verwerf in 1984 haar BA(Ed)-graad, met Afrikaans en Bybelkunde as hoofvakke.

In 1985 begin sy skoolhou by Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, waar sy vir 18 jaar Afrikaans onderrig. Na ’n persoonlike tragedie verhuis Susanne in 2003 na Mtunzini in KZN, waar sy vir ’n kort tydperk by Empangeni-hoërskool skoolhou. Vanaf 2004 is sy weer terug in Pretoria en is sedertdien ’n onderwyseres by Pretoria High School for Girls.

In 2015 begin Susanne ernstig verse skryf en in 2016 debuteer sy met die bundel Inkspoor.

Susanne geniet dit om in die tuin te werk en te verf. Haar filosofie oor die lewe? “Die lewe gebeur met ’n mens. Dit is hoe jy dit hanteer wat die verskil maak.”

 

Minimal Press 2020. Prys: R200. Formaat: Sagteband, 64 bladyse. ISBN: 9781990968945.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe bundel. Johann Lodewyk Marais: Ondertussen
Nuwe bundel. Johann de Lange: Die meeste sterre is lankal dood →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d