Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 August 2020

Nuwe bundel. Johann de Lange: Die meeste sterre is lankal dood

Johann de Lange 

Die meeste sterre is lankal dood

Omslag

Die meeste sterre is lankal dood is die bekroonde digter Johann de Lange se dertiende bundel. Dit bestaan uit ses afdelings, deurgaans gewy aan vlietende oomblikke vasgevang in ‘n vers (‘om met woorde die onsegbare te sê’). Die bundel het ‘n elegiese toonaard, en word oorheers deur ‘n bewustheid van verlies & verganklikheid, van “inskaduwings van die lig”. Verse oor die skryfproses figureer as teenvoeter vir die verbygaande aard van mens wees. Dit is verse vir “my mooi dooies”. In “Oggendmusiek” beskryf die digter ‘n vroegoggendkoor van voëls voor sonsopkoms, elders ‘n koorddanser, voetjie vir voetjie oor die spantou. Soos in sy vorige werk is die erotiese verse ‘n hoogtepunt in die bundel, bv. in “Ode aan die mielie”: ‘Nét so, nog aan die oggend ­­ tussen die syige bene van die dag ­­staan hy, volryp, pittig & reg.’

Bloed & sneeu

Bloed op sneeu is ‘n pasgebore rooi,
van iets gewond, ‘n struikelende spoor.
En die sneeu? Is daar énigiets so mooi,
so prilwit gespits, as ‘n haseoor?

Oor die outeur

Johann de Lange is op 22 Desember 1959 in Pretoria gebore. Sy debuutbundel Akwarelle van die dors (1982) is met die Ingrid Jonkerprys bekroon. Sy vierde bundel, Wordende naak, word met die Rapportprys vir Poësie bekroon in 1990. Die algebra van nood, wat in 2009 verskyn het, is in 2011 met die Hertzogprys bekroon.

 

Human & Rousseau 2020. Prys: R 250,00. Formaat: Sagteband, 96pp. ISBN: 9780798181235

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe bundel. Susanne Pike: Gisterwinter 
Nuwe bundel. Cas Vos: Beskut teen vrese →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d