Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 August 2020

Nuwe bundel. Cas Vos: Beskut teen vrese

Cas Vos

Beskut teen vrese

Omslag

Beskut teen vrese is heg gekomponeer en ryk aan vars en verrassende beelde. Dit is ’n eiesoortige bydrae tot die Afrikaanse poësie. Die bundel is méér as aktueel. Dit is in en vir hierdie tyd van vrese waarin ons leef geskryf. Dit word ingelei deur Verse teen vrese. Corona het ons almal se insigte, vooruitsigte en drome oorgeneem. Daarom kan ons ons vereenselwig met die bedreigdes. Ons hede en toekoms word deur Corona bedreig. Alles is onseker. Die vraag is: hoe kan en moet ons leef in die tyd van Corona? Is daar nie tog sprankies hoop nie? Hoe lyk en waarheen lei die omweë van die liefde ons? Waar Corona is, is daar ook elegieë – uit die antieke en huidige wêrelde. Kan die towerfluit ons help teen Corona? Is die mens (ons) nie net ’n waagstuk nie?

Hierdie bundel wemel van ontroerende verse in die tyd van Corona. Met die verse in die hand en hart mag ons Corona in die gesig kyk, al sien ons niks nie. Die gedigte laat ons die onsienlike van Corona sien.

 

          Eindig alles net met die lied

          Who wants to live forever?

          Wees stil, wag maar, alles word nuut.

 

Oor die outeur

Cas Vos het reeds 11 digbundels die lig laat sien. Daar het ook sy vertalings van Homerus se Ilias en Odusseia uit Grieks verskyn. In 2017 het hy grepe uit Dante se La Divina Commedia uit Italiaans vertaal in sy publikasie Die Goddelike komedie en in 2018 verskyn sy vertaling van Dante se Il Paradiso. Dit is deur Ernst Kotzé met “Magnifico!”begroet. In 2019 verskyn sy elfde digbundel,

Vlug van die gees. Johan Myburg, digter en resensent, skryf oor die bundel: “Die bundel getuig van harmoniese bedrewendheid én van verse wat ontwrigtend lyk en gestroop voorkom van poëtiese eienskappe. In die vertalings van Dante is “soepel omskrywings waarin sy eie poëtiese hand seëvier”. Hy woon in Pretoria.

 

[Naledi 2020. Prys: R 240.00. Formaat: Sagteband, 210 mm x 148 mm. ISBN: 978-1-928518-60-0]

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe bundel. Johann de Lange: Die meeste sterre is lankal dood
Nuwe bundel. Louis Esterhuizen: Die gladde stiltes in glas →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d