Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 September 2020

Albert Arnold Scholl. Vertaling in Afrikaans

 

Albert Arnold Scholl. Vertaling van Duits in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws

 

Iets is in die lug

 

Die groot veranderinge,

waaroor die koerante berig

en die gerugte op ons almal se lippe –

dit is nie wat ek bedoel nie,

 

ook nie die klein soort verontrusting,

waaroor ons ongraag praat nie:

die konstante stroompie waar die pleister verpoeier

selfs in die nuwe huise,

die herhaalde uitbrand van sekeringdrade

en die riskante speletjies van kinders.

 

Ȇrens nogtans is iets aan ‘t gebeur,

waarvan ons nie weet wat dit beteken nie,

dinge is aan die gang gesit,

iets is in die lug –

 

en dis daar:

midde-in die verwarring,

wanneer die nuusleser

meermale ‘n verspreking begaan –

 

of in die gehuiwer van die hand

voor die laaste troef,

as die spelers se blikke mekaar kruis –

 

ook op ‘n Sondag, laat middag,

terwyl die hemel die dakke skroei

en swart of rooi ‘n flenterlap opvlieg,

skaduweeloos,

in die arkades

van die verlate stad.

 

***

 

Etwas kündigt sich an

 

Die groβen Veränderungen,

Von denen die Blätter berichten

Und die Gerüchte in unser aller Munde –

Sie meine ich nicht,

 

Auch nicht die kleinen Beunruhigungen,

Von denen wir ungern sprechen:

Das stetige Rieseln des Putzes

Selbst in den neuen Häusern,

Das häufige Bersten der Sicherung

Und die gefährlichen Spiele der Kinder.

 

Irgend etwas jedoch geschieht,

Von dem wir nicht wissen, was es bedeutet,

Die Dinge sind in Bewegung geraten,

Etwas kündigt sich an –

 

Und ist da:

Mitten in der Verwirrung,

Wenn sich der Nachrichtensprecher

Mehrmals verspricht –

 

Oder im Schweben der Hand

Vor dem letzten Stich,

Wenn die Blicke der Spieler sich kreuzen –

 

Auch sonntags, am späten Mittag,

Während der Himmel die Dächer siedet

Und schwarz oder rot ein Fetzen auffliegt,

Schattenlos,

In den Arkaden

Der ausgestorbenen Stadt.

 

 

Uit: Bridgwater, Patrick (ed). 1963. Twentieth-Century German Verse. Baltimore: Penguin Books (pp. 308-309).

 

Nadat Scholl (1926-2004) die gedig aanvanklik gepubliseer het in Lyrik unserer Zeit (ongedat.), het dit in Die Zeit van 30 Oktober 1959 verskyn.

 

Beskikbaar by Albert Arnold Scholl:: Etwas kündigt sich an | ZEIT ONLINE

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Albert Arnold Scholl. Vertaling in Afrikaans
Amano Tadashi. Vertaling in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d