Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 October 20207 October 2020

Andries Bezuidenhout. Badkamergesprek met ʼn spinnekop

 

AVBOB- Poësieprojek 2019. I wish I’d said, Vol. 3: Opdraggedig

 

Badkamergesprek met ʼn spinnekop

 

The itsy bitsy spider climbed up the waterspout.
Down came the rain and washed the spider out.
– Tradisioneel

 

Hoe benoem ek jou, verlangse familie van Animalia?

Kan ons bladskud, jy van die filum Arthropoda?

Dalk nie. Jou subfilum Chelicerata klink ʼn bietjie grillerig

en vir die klas Arachnida is ek beslis versigtig.

Vir jou orde – Araneae – is ek volstrek te bang.

 

Agtvoetig, elk met kloutjies of kammetjies, boeklonge

in jou abdomen en kefalotoraks,

kaakklemme en spintepels ook iewers daaraan vas,

jou agt oë blykbaar ieder halfblind,

maar die fynste trilling kan jy stip opvang.

 

Nou hoekom is dit dat jy nie boontoe vlug

as ek waarskuwingsgolwe na jou toe sloep nie?

ʼn Paar van julle spartel reeds op die bedreigde spesie-lys.

Nie dat jy direk onder skoot is nie, dis gif vir insekte (jou prooi)

en plante (jou blyplek) wat die dood na jou toe boemerang.

 

Miskien is dít die ding met watervlakke wat styg –

hoe langsaam dit opduik. Dis toe ek sjampoe uit my oë was

dat ek sien hoe jy dryf, hoe krom jou pote na binne buig.

 

© Andries Bezuidenhout, 2020

 

 

Volg die onderstaande skakel om in te skryf vir die 2020-Avbob Poësiekompetisie. Groot kontantpryse kan gewen word:

 

https://www.avbobpoetry.co.za/?gclid=Cj0KCQjwy8f6BRC7ARIsAPIXOjgcXTaM8K11Sp2Zrq7gSws15ib4w4i2bySQ_

AioG2iNlcmBSb0OhiQaAmqpEALw_wcB

 

(Hierdie is een van die 12 opdraggedigte wat deur AVBOB van 6 Afrikaanse digters aangevra is vir die bundel I wish I’d said, Vol. 3 (Naledi, 2020). Die gedig verskyn nie in die bundel nie, maar ‘n ander gedig van Andries Bezuidenhout verskyn wel.)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: I wish I’d said … Vol. 3 (Johann de Lange & Goodenough Mashego Reds.)
Corné Elizabeth Coetzee. Die menigtes →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d