Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 November 202018 November 2020

Nuwe bundel. Tomas Tranströmer: Alles keer om (vertaling deur De Waal Venter)

Alles keer om

Tomas Tranströmer

VERTALER: De Waal Venter

 

Omslag

AGTERGROND

Tomas Gösta Tranströmer (15 April 1931 – 26 Maart 2015) was ’n Sweedse digter wat in 2011 die Nobelprys vir sy poësie ontvang het. Sy poësie het dikwels die lang, koue winters in Swede beskryf en die uitsonderlike natuurskoon van sy land. Dele van sy oeuvre is in meer as sestig tale vertaal. Hy het ’n baie ingrypende invloed gehad op digters en digkuns reg oor die wêreld, iets wat nog steeds geld. Tranströmer het in sy jonger jare heelwat gereis en lande in Asië, Afrika en Europa besoek. Hy het ook bekend geraak in die VSA en daar lesings gelewer. In 1990 het hy ’n beroerte gekry wat hom aan die regterkant verlam het en sy spraak feitlik onverstaanbaar gemaak het. Hy het egter bly skryf daarna.

Tranströmer het sy hele lewe lank klavier gespeel. Na sy beroerte het hy homself geleer om die klavier met sy linkerhand te bespeel. Daar is spesiaal vir hom klavierstukke gekomponeer vir die linkerhand. Talle van sy gedigte is ook deur verskeie komponiste getoonset.

 

OOR DIE OUTEUR

Charl-Pierre Naudé skryf oor die digter:

Tomas Tranströmer is een van die belangrikste digters wat ná die Tweede Wêreldoorlog in Europa op die toneel gekom het. In sy gedigte neem die natuur, en die vervloeiing van wakker- en slaaptoestande die sentrale posisie in. Tranströmer se werk is tipeerbaar met die woord “post-surrealisties”. Hier is amper niks te sien van die “ontsporing van die sintuie” van die vroeë surrealisme nie, waarin grillige verbande en ‘n enigmatiese woord-“chaos” die botoon gevoer het soos by Arthur Rimbaud, byvoorbeeld. By Tranströmer is daar ‘n versigtige soeke na nuwe geordenhede maar nié nuwe sekerhede nie. Dít is vir altyd op sy kop gekeer. Die gedigte is baie beeldryk en sintuiglik, maar tegelyk oorwoë en deurdink. Elke gedig beding van nuuts af die individu se psigiese oorlewing.

Dis tentatiewe, misterieuse gewaarwordings wat die leser telkens oorbluf laat – gedigte gewy aan ‘n sublieme onrustigheid.

 

OOR DIE VERTALER

De Waal venter (1942) het sy eerste digbundel “Kiem” in 1963 gepubliseer en deur die jare opgevolg met ’n paar ander. Sy jongste bundel “Oop sirkel” het in 2017 verskyn. Hy het feitlik sy hele loopbaan as reklameskrywer deurgebring. Nadat hy uitgetree het, het hy vyf jaar lank as stadsraadslid in Krugersdorp gedien (2011 – 2016). Hy het ook kinderverhale, jeugromans en kortverhale gepubliseer en radiodramas en TV-reekse geskryf. In 2019 het hy ’n bundel gedigte van Pablo Neruda “Vandag is boordensvol” wat hy uit Spaans vertaal het, gepubliseer. Hiervoor het hy in 2020 die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Vertaalprys ontvang.

 

Die bundel word later vanjaar deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns bekendgestel.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe bundel. Hennie Meyer: Winkel van wanklanke
Tomas Tranströmer. Vertaling in Afrikaans →

3e gedagtes oor “Nuwe bundel. Tomas Tranströmer: Alles keer om (vertaling deur De Waal Venter)”

  1. Versindaba says:
    18 November 2020 at 12:39

    Die bundel word later vanjaar deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns uitgegee.

    Reply
  2. De Waal says:
    10 November 2020 at 05:17

    Baie dankie, Daniel. Die uitgewer is Medpharm Publications.

    Reply
  3. Daniel Hugo says:
    9 November 2020 at 12:22

    Baie geluk, De Waal! Wie is die uitgewer?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d