

Versindaba prys vir vertaalde gedigte (3)
Magmoed Darwiesj. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Bester Meyer.
Inanna se Melk
Die tweeling
prosa en die digkuns wat verenig, is joune –
soos jy van een epos na die volgende toe vlieg,
veilig en knus op ’n kosmiese olifantsaal van sterre
gemaak uit jou vermoorde slagoffers se planete –
hulle, jou goedgesinde wagte, wat jou sewe hemele
– een karavaan op ʼn slag – met hulle saamdra.
En tussen die palmbome en jou hande se twee riviere
is jou stalknegte in die aantog van water:
Die eerste godin is die een
wat die meeste deur ons vol gemaak word,
terwyl ’n verdwaasde Skepper sy werk aanskou
(deur die bekoring van haar en begeerte vir haar).
Sal ek weer skep wat ek voorheen geskep het?
Die merke van jou weerlig brand ten hemele se ink
soos hulle gevolg
swaeltjies
– opwaarts of afwaarts –
oor die Sumeriese vroueparade bestrooi.
Vir jou – die een uitgestrek in die gang
in ’n hemp van sy en grys broek
– nie vir die metafoor van jou nie –
het ek my wildernis laat ontwaak
en gemymer:
’n Maan sal verrys vanuit my duisternis.
Laat daar soos in die mites
water vanuit die Sumeriese horison op ons neerstort.
Wanneer my hart ongeskonde is
soos hierdie glas wat ons omring,
vul dit met jou wolke
sodat dit terug mag keer na sy mense –
die wat dromend en oortrokke is
soos ’n arm man se gebed.
En wanneer die hart gewond is
moet dit nie met die gasel se horing deurboor nie,
want daar is geen wildsblomme meer langs die Eufraat oor
vir my bloed om met afloop van die oorlog terug te keer as anemone nie.
Daar is ook nie meer ’n kruik in my tempel oor
vir die godinne se wyn in ewige Sumerië,
in verbygaande Sumerië nie.
Vir jou – die slanke een in die gang
met hande van sy
en ’n middellyf van speelsheid
– nie vir die simbool van jou nie –
het ek my wildernis laat ontwaak
en gesê:
Ek sal hierdie gasel uit haar trop uit neem
en myself daarmee deurboor!
Ek wil nie hê dat daar ’n lied in jou bed moet wees nie.
Laat die Gevleuelde Bul van Irak
dan sy horings poleer met die tye en
die tempel deurklief in dagbreek se silwer.
En laat die dood sy slaginstrument
in die antieke koor van Nebukadneser se son met hom saamdra.
Wat my betref – die afstammeling van ’n ander tyd –
ek het ’n geskikte perd vir hierdie prosessie.
As daar dan ’n maan moet wees – laat haar hoog wees.
’n Hoë maan in Bagdad gemaak – nie Arabies óf Persies
óf waarop aanspraak gemaak kan word
deur enige ander gode rondom ons nie.
Laat haar nie gemaak word uit herinnering
of die wyn van antieke konings nie,
sodat sy ons in staat kan stel om hierdie heilige prosessie
sáám deur te kan sien, o dogter van die ewige maan
– hier – in hierdie plek
wat deur jou hande afgebring is
vanuit die balkon van ʼn verdwynende paradys
tot by die rand van die aarde.
Vir jou – die een wat die koerant
in die gang lees
en grieperig is, sê ek:
Drink ʼn koppie kamilletee,
neem twee aspirien tablette
sodat Inanna se melk
stil kan wees in jou –
en vir ons om te weet
hoe laat dit nou is
– hier –
waar twee riviere in-een-vloei!
Inanna’s Milk
Mahmoud Darwish
For you the twins: for you poetry and prose unite, as you
fly from one epoch to another, safe and sound
on a howdah made of your murdered victims’ planets— your kind guards
who carry your seven heavens one caravan at a time.
And between the palm trees and your hands’ two rivers, your
horse-keepers approach the water: The first goddess is the one most filled
with us. And an infatuated creator contemplates his work, becomes mad
with her and longs for her: Shall I make again what I did before?
The scribes of your lightening burn in the sky’s ink, and their offspring
strew the swallows over the Sumerian woman’s parade …
be she ascending, or descending
For you, the one stretched out in the hall
in the forest shirt, and ashen
pants, not for your metaphor, I awaken
my wilderness, and say to myself: A moon
will rise from my darkness …
Let the water flow down from the Sumerian horizon
upon us, as in the myths. If my heart
is as straight as this glass surrounding us
then fill it up with your clouds until it returns to its folk
overcast and dreamy like a poor man’s prayer. And if my heart
is wounded, don’t stab it with a gazelle’s horn,
there are no natural flowers left around the Euphrates
for my blood to incarnate in the anemones after the wars.
And there isn’t a jar left in my temple for the wine of the goddesses,
in Sumer the eternal, in Sumer the ephemeral
For you, the slender one in the hall
with the silken hands
and the frolicking waist,
not for your symbols,
I awaken my wilderness and say:
I will draw this gazelle out of her flock
and stab myself … with it!
I don’t want a song to be your bed,
so let the Bull, Iraq’s winged Bull, burnish
his horns with the ages on the fissured altar
in the silver of dawn. And let death carry its metal
instrument amid the ancient choir
of Nebuchadnezzar’s sun. As for me, the descendant
from without this time, I must have
a suitable horse for this procession. And if
there must be a moon let it be high … high
and made in Baghdad, not Arabic or Persian
and not claimed by any gods around us. And let it be empty
of memories and of ancient king’s wine,
for us to complete this holy procession, together, you daughter
of the eternal moon, in this place that your hands brought down
to the edge of the earth from the balcony of the fading paradise! …
For you, the one reading
the newspaper in the hall,
the one sick with influenza
I say: Take one cup of hot chamomile
and two aspirins
for Inanna’s milk to quiet in you,
and for us to know what time it is now
at the confluence of two rivers!
Bronverwysing:
Darwish, Mahmoud. 2007. The Butterfly’s Burden. Vertaal deur Fady Joudah. Copper Canyon Press.
Darwish, Mahmoud. 2013. Unfortunately, it was Paradise. Gedig vertaal deur Sinan Antoon. University of California Press.
(Oorspronklik in Arabies verskyn in “Bed van die Vreemdeling”, 1999.)
