Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 November 20203 February 2021

Fernando Pessoa (Álvaro de Campos). Vertaling in Afrikaans

 

Versindaba prys vir vertaalde gedigte (4)

 

Fernando Pessoa. Vertaling van Portugees in Afrikaans. Vert. deur De Waal Venter.

 

A, hoe verfrissend om nie jou werk te doen nie!

 

A, hoe verfrissend om nie jou werk te doen nie!

Om dit na te laat, is sekerlik soos om op die plaas te ontspan!

Watter toevlug is dit nie om heeltemal onbetroubaar te wees!

Ek kan makliker asemhaal noudat die afsprake verby is.

Ek het hulle almal moedswillig vermy.

Ek het gewag vir die drang om te gaan wat ek geweet het nie sou kom nie.

Ek is vry van die georganiseerde, ten volle geklede gemeenskap.

Ek is naak en ek duik in die water van my verbeelding.

Dis te laat om by enige van die twee vergaderings te wees op dieselfde tyd.

Doelbewus op dieselfde tyd …

Maak nie saak nie, ek sal hier bly, gedigte droom en glimlag in kursief.

Hierdie toeskouer-aspek van die lewe is so amusant!

Ek kan nie eers nog ’n sigaret aansteek nie … As dit ’n gebaar is

kan dit saam met die ander wag in die lewe se niebestaande vergadering.

 

 ***

 

 Ah a frescura na face de não cumprir um dever!

 Álvaro de Campos

 

Ah a frescura na face de não cumprir um dever!

Faltar é positivamente estar no campo!

Que refúgio o não se poder ter confiança em nós!

Respiro melhor agora que passaram as horas dos encontros.

Faltei a todos, com uma deliberação do desleixo,

Fiquei esperando a vontade de ir para lá, que eu saberia que não vinha.

Sou livre, contra a sociedade organizada e vestida.

Estou nu, e mergulho na água da minha imaginação.

É tarde para eu estar em qualquer dos dois pontos onde estaria à mesma hora,

Deliberadamente à mesma hora…

Está bem, ficarei aqui sonhando versos e sorrindo em itálico.

É tão engraçada esta parte assistente da vida!

Até não consigo acender o cigarro seguinte… Se é um gesto,

Fique com os outros, que me esperam, no desencontro que é a vida.

 

Bronverwysing:

Arquivo Pessoa. Op Internet: arquivopessoa.net/textos/2543

 

Oor Pessoa

 

Fernado Pessoa (1888 – 1935) word as een van die belangrikste digters van die twintigste eeu beskou. Hy het sy skoolopleiding in Durban ontvang, maar daarna na Lissabon verhuis waar hy die res van sy lewe deurgebring het. Hy het hoofsaaklik in Portugees geskryf en is in baie ander tale vertaal.

 

Hy het die idee van die “heteronieme” digter beroemd gemaak. Dit is ’n fiktiewe digter met sy eie naam, biografie en oeuvre wat deur ’n werklike digter geskep word. Pessoa het ’n hele reeks heteronieme gehad, maar drie van hulle was die belangrikste digters in sy oeuvre: Alberto Caeiro, Álvaro de Campos and Ricardo Reis.

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Octavio Paz. Vertaling in Afrikaans
Jacques Roubaud. Vertaling in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek
  • Andrea Sieberhagen. Langpad
  • 100 Duitse Bestes: Ingeborg Bachmann (1926-1973)
  • Resensie: “Briewe van heldinne: Ovidius se Heroïdes” vert. deur W.J. Henderson
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

  3. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)30 October 2025

    Dankie, Willemien du Preez. Fried skryf verrassend boeiende gedigte vol abstrakte selfstandige naamwoorde - dit waarteen gewoonlik gewaarsku word deur…

  4. Willemien du Preez on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)29 October 2025

    Suiwer eenvoud en insig in wat dit is om mens te wees. 'n Skatkis oopgemaak vir Afrikaans.

  5. Yves T'Sjoen on Resensie: “Poëme” deur Wium van Zyl29 October 2025

    Voor de collectie Ernst van Heerden in het Poëziecentrum zal de bundel van Wium van Zyl een aanwinst zijn. Is…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d