Versindaba prys vir vertaalde gedigte (1)
Octavio Paz. Vertaling van Spaans in Afrikaans. Vert. deur De Waal Venter.
Heilige wurgvy
Die wind,
vrugtediewe
(ape, voëls, vlermuise)
strooi sade
uit die takke van ’n groot boom.
Groen en singend,
die enorme oorvloeiende beker
waar die sonne drink
dit is ’n luggevulde binneruimte.
Die sade
ontkiem,
plant vestig hom
in die leegte,
spin sy duiseling
en daarin rys hy op, swaai en sprei uit.
Jare en jare val
in ’n reguit lyn.
Hulle val
is ’n watersprong
verys in die sprong: versteende tyd.
Hy tas vorentoe,
stuur groot wortels uit,
krullende ledemate,
ineengevleg
swart spuite,
dit slaan
pilare in,
grawe klam galerye uit
waar ’n eggo opvlam en verdwyn,
koper-vibrasie
wat oorgaan in die stilte
van ’n gekarboniseerde son, elke dag.
Arms, toue, ringe,
warboel
van maste en kabels, gestrande seilskip.
Hulle klim,
kronkelende wortels
uitspreiend.
Dis ’n boskasie van hande.
Hulle soek nie die aarde nie: hulle soek ’n lyf,
weef saam in ’n omhelsing.
Die boom
is lewend ingekerker.
Sy stam
neem ’n honderd jaar om te verrot.
Sy kroon:
die kaal skedel, die gebreekte horings van ’n bok.
Onder ’n mantel van leeragtige blare,
’n golwing wat sing
van pienk tot oker tot groen,
opmekaar geknoop
twee duisend jaar,
kruip die wurgvy boontoe en verwurg homself.
Agtergrond
Octavio Paz was lief vir die Indiese kultuur en landskap en het Indië dikwels besoek. Hierdie gedig handel oor die pipal-boom wat in Indië deur baie mense as heilig beskou word. Die legende lui dat dit onder so ’n boom was dat die Boeddha tot sy groot insig gekom het.
Die boom is ’n tipe vy, Ficus religiosus, en is verwant aan wildevye in Suid-Afrika. Hier kom ook ’n hele paar spesies voor. Party van hulle het ook die groeiwyse van die boom soos in die gedig beskryf: sade wat voëls en ape bo in die boom los, ontkiem, skiet wortels af ondertoe en groei al hoe sterker tot hulle die boom waarop hulle groei “verwurg” en heeltemal doodmaak. – Vertaler
***
La Higuera religiosa
Octavio Paz
El viento,
los ladrones de frutos
(monos, pájaros, murciélagos)
entre las ramas de un gran árbol
esparcen las semillas.
Verde y sonora,
la inmensa copa desbordante
donde beben los soles
es una entraña aéra.
Las semillas
se abren,
la planta se afinca
en el vacío,
hila su vértigo
y en él se erige y se mece y propaga.
Años y años cae
en línea recta.
Su caída
es el salto del agua
congelada en el salto: tiempo petrificado.
Anda a tientas,
lanza largas raíces,
varas sinuosas,
entrelazados
chorros negros,
clava
pilares,
cava húmedas galerías
donde el eco se enciende y apaga,
cobriza vibración
resuelta en la quietud
de un sol carbonizado cada día.
Brazos, cuerdas, anillos,
maraña
de mástiles y cables, encallado velero.
Trepan,
se enroscan las raíces
errantes.
Es una maleza de manos.
No buscan tierra: buscan un cuerpo,
tejen un abrazo.
El árbol
es un emparedado vivo.
Su tronco
tarda cien años en pudrirse.
Su copa:
el cráneo mondo, las astas rotas del venado.
Bajo un manto de hojas coriáceas,
ondulación que canta
del rosa al ocre al verde,
en sí misma anudada
dos mil años,
la higuera se arrastra, se levanta, se estrangula.
Bronverwysing:
