Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 November 20205 February 2021

Gaius Valerius Catullus. Vertaling in Afrikaans

 

 

 

Versindaba prys vir vertaalde gedigte (9)

 

Gaius Valerius Catullus. Vertaling van Latyn in Afrikaans. Vert. deur Jean Meiring.

 

Catullus se vyfde vers

 

Laat ons lewe, my Lesbia; laat ons liefhê

En die gemor van oordeelvellende ou

Ooms na waarde – ‘n dowwe duit – skat.

Die son kan ondergaan en weer verrys:

Wanneer óns liggie egter eenmaal sterf,

Moet ons die eindelose nag lank slaap.

Gee my dus ‘n duisend soene, nóg ‘n honderd,

Weer ‘n duisend, sommer ‘n honderd meer,

Daarna nog, nog ‘n duisend, ‘n honderd wéér.

Dan, wanneer ons derdúísende soene gedeel het,

Laat hulle soos konfetti neerreën, sodat óns

Ook tred verloor – en g’n níémand nie jaloers

is wanneer die oorvloed soene hom oorspoel.

 

***

 

Carmen 5

 

Gaius Valerius Catullus

Vivamus mea Lesbia, atque amemus,

rumoresque senum severiorum

omnes unius aestimemus assis!

soles occidere et redire possunt:

nobis cum semel occidit brevis lux,

nox est perpetua una dormienda.

da mi basia mille, deinde centum,

dein mille altera, dein secunda centum,

deinde usque altera mille, deinde centum.

dein, cum milia multa fecerimus,

conturbabimus illa, ne sciamus,

aut ne quis malus invidere possit,

cum tantum sciat esse basiorum.

 

Bronverwysing:

Garrison, Daniel H. The Student’s Catullus. (Derde uitgawe) 2004. Oklahoma: University of Oklahoma Press.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Gaius Valerius Catullus. Vertaling in Afrikaans →

1e kommentaar op “Gaius Valerius Catullus. Vertaling in Afrikaans”

  1. De Waal Venter says:
    19 November 2020 at 15:18

    Dit is baie lekker om hierdie Catullus-verse in so ‘n gemaklike, pront Afrikaans te lees. Veels geluk, Vertaler nr 8!

    Kyk na hierdie reëls, byvoorbeeld:
    “rumoresque senum severiorum
    omnes unius aestimemus assis!”

    Dit het beeldend en vlot Afrikaans geword. Dit laat my dink aan een van die baie probleme wat ‘n vertaler moet oorkom. In watter mate moet hy (of sy) streng by die oorspronklike hou, en hoe ver mag hy afwyk daarvan om die gedig sterker te maak?

    In die twee Latynse reëls kan ek bv. nie die woord “oordeelvellende” raaklees nie. Het Vertaler nr. 8 dit uit sy eie woordeskat bygesit om die afkeurende toon van die “Ou Ooms” te beklemtoon? Ek stem saam dat Catullus wel seker die “ou manne” (letterlik vertaal) wou voorstel asof hulle skuins kyk na die jong digter se bedrywighede. Trouens, keiser Augustus het juis die digter uit Rome verban, waarskynlik weens sy woeste gejol met die vroue en meisies van die adelstand.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d