Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 November 20205 February 2021

Leonard Cohen. Vertaling in Afrikaans

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (18)

 

Leonard Cohen. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Bester Meyer.

 

Die Omhelsing

 

Wanneer jy skielik struikel

sy volle omhelsing in,

kruip hy weg

om nie sy kreatuur

van aangesig tot aangesig

te aanskou nie.

Ook jy word verdoesel

deur al jou staat-sondes –

daar is nie ‘n koning om

jou vry te spreek nie –

sy genade is baie meer intiem.

 

Hy staan dus nie voor jou nie en

is nie bewoner van jou binneste nie.

Daar is geen oogpunt in dié hartstog nie –

dit is die hart wat alles omvat.

Daar is nie ‘n heuwel wat daarop uitkyk nie:

jy deel nou ʼn liggaam met die slang wat jy belet

en die duif waaraan jy toegee.

 

Hy ly tog so geduldig

aan die nabootsing van sy liefde

tot jy saam met hom

gebore kan word

op ʼn een of ander

hopeloos nag in Galilea:

totdat jy jou trots in hom kan verloor;

totdat jou geloofsdoelwit faal;

totdat jy jou arms so wyd uitstrek

dat jy nie hierdie Romeinse spykers nodig het nie.

 

Afgodsdienaars aan elke kant,

hulle objektiveer die Meester.

Hulle hang hom aan ‘n kruis só hoog

waaraan jý altyd nader moet beweeg.

Hulle beveel jou om die wêreld te ontsê

en om jou gebede in sy rigting te slinger.

Sodat afgodskeppers heel nag lank

oor jou lyding kan dans.

 

Wanneer jy egter opkom uit sy omhelsing

vertrou ek dat jy sterk en vry sal wees,

geen leuens oor sy gesig sal vertel nie

en die Skepping sal prys met verblydendheid.

 

***

 

 The Embrace

Leonard Cohen

 

When you stumble suddenly

into his full embrace,

he hides away so not to see

his creature face to face.

You yourself are hidden too,

with all your sins of state;

there is no king to pardon you;

his mercy is more intimate.

 

He does not stand before you,

he does not dwell within;

this passion has no point of view,

it is the heart of everything.

There is no hill to see this from.

You share on body now

with the serpent you forbid,

and the dove that you allow.

 

The imitations of his love

he suffers patiently,

until you can be born with him

some hopeless night in Galilee;

until you lose your pride in him,

until your faith objective fails,

until you stetch your arms so wide

you do not need these Roman nails.

 

Idolators on every side,

they make an object of the Lord.

They hang him on a cross so high

that you must ever move toward.

They bid you cast the world aside

and hurl your prayers at him.

Then the idol-makers dance all night

upon your suffering.

 

But when you rise from his embrace

I trust you will be strong and free

and tell no tales about his face,

and praise Creation joyously.

 

 

Leonard Cohen is ʼn digter in eie reg. Voor die uitreiking van sy eerste album, Songs of Leonard Cohen (1967) het daar ten minste vier digbundels en twee prosawerke uit sy pen verskyn. In latere jare verskyn Book of Mercy (1984) en Book of Longing (2006) waarin intiem geestelike meditasies voorkom, baie waarvan geskryf is toe hy aan en af in Mount Baldy Zen klooster gebly het.

 

Bronverwysing:

Cohen, L. 1993. Stranger Music. Vintage Books.

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Kahlil Gibran. Vertaling in Afrikaans
Louis Esterhuizen. Vertaling in Engels →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d