Leonard Cohen. Vertaling in Afrikaans
Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (18)
Leonard Cohen. Vertaling van Engels in Afrikaans.
Die Omhelsing
Wanneer jy skielik struikel
sy volle omhelsing in,
kruip hy weg
om nie sy kreatuur
van aangesig tot aangesig
te aanskou nie.
Ook jy word verdoesel
deur al jou staat-sondes –
daar is nie ‘n koning om
jou vry te spreek nie –
sy genade is baie meer intiem.
Hy staan dus nie voor jou nie en
is nie bewoner van jou binneste nie.
Daar is geen oogpunt in dié hartstog nie –
dit is die hart wat alles omvat.
Daar is nie ‘n heuwel wat daarop uitkyk nie:
jy deel nou ʼn liggaam met die slang wat jy belet
en die duif waaraan jy toegee.
Hy ly tog so geduldig
aan die nabootsing van sy liefde
tot jy saam met hom
gebore kan word
op ʼn een of ander
hopeloos nag in Galilea:
totdat jy jou trots in hom kan verloor;
totdat jou geloofsdoelwit faal;
totdat jy jou arms so wyd uitstrek
dat jy nie hierdie Romeinse spykers nodig het nie.
Afgodsdienaars aan elke kant,
hulle objektiveer die Meester.
Hulle hang hom aan ‘n kruis só hoog
waaraan jý altyd nader moet beweeg.
Hulle beveel jou om die wêreld te ontsê
en om jou gebede in sy rigting te slinger.
Sodat afgodskeppers heel nag lank
oor jou lyding kan dans.
Wanneer jy egter opkom uit sy omhelsing
vertrou ek dat jy sterk en vry sal wees,
geen leuens oor sy gesig sal vertel nie
en die Skepping sal prys met verblydendheid.
***
The Embrace
Leonard Cohen
When you stumble suddenly
into his full embrace,
he hides away so not to see
his creature face to face.
You yourself are hidden too,
with all your sins of state;
there is no king to pardon you;
his mercy is more intimate.
He does not stand before you,
he does not dwell within;
this passion has no point of view,
it is the heart of everything.
There is no hill to see this from.
You share on body now
with the serpent you forbid,
and the dove that you allow.
The imitations of his love
he suffers patiently,
until you can be born with him
some hopeless night in Galilee;
until you lose your pride in him,
until your faith objective fails,
until you stetch your arms so wide
you do not need these Roman nails.
Idolators on every side,
they make an object of the Lord.
They hang him on a cross so high
that you must ever move toward.
They bid you cast the world aside
and hurl your prayers at him.
Then the idol-makers dance all night
upon your suffering.
But when you rise from his embrace
I trust you will be strong and free
and tell no tales about his face,
and praise Creation joyously.
Leonard Cohen is ʼn digter in eie reg. Voor die uitreiking van sy eerste album, Songs of Leonard Cohen (1967) het daar ten minste vier digbundels en twee prosawerke uit sy pen verskyn. In latere jare verskyn Book of Mercy (1984) en Book of Longing (2006) waarin intiem geestelike meditasies voorkom, baie waarvan geskryf is toe hy aan en af in Mount Baldy Zen klooster gebly het.
Bronverwysing:
Cohen, L. 1993. Stranger Music. Vintage Books.