Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 November 20205 February 2021

Archílochos. Vertaling in Afrikaans

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (19)

 

Archílochos. Vertaling van Engels, uit oorspronklike Grieks, in Afrikaans. Vert. deur Helize van Vuuren

 

Fragment 128 van Archilochus

 

My Siel, my Siel, totaal verwar deur smarte sonder troos,

verduur, hou uit, ontmoet direk die vele vyande wat jou verguis –

nóú van hier en dán vandaar, ondergaan al die stryde van digby,

wyk nooit terug; en sou jy wen, moenie luidrugtig juig,

of as verloorder, misrabel kermend op ‘n hoop val tuis,

vind plesier in lekker dinge, en in harde tye, wees nie te kroes –

waardeer die ritme, in beheer van elke mens se lewe.

 

***

 

Griekse Fragment 128 van Archilochus

 

θυμέ, θύμ᾽ ἀμηχάνοισι κήδεσιν κυκώμενε,
ἄνα δέ, δυσμενέων δ᾽ ἀλέξευ προσβαλὼν ἐναντίον
στέρνον, ἐν δοκοῖσιν ἐχθρῶν πλησίον κατασταθείς
ἀσφαλέως· καὶ μήτε νικῶν ἀμφαδὴν ἀγάλλεο
μηδὲ νικηθεὶς ἐν οἴκωι καταπεσὼν ὀδύρεο.
ἀλλὰ χαρτοῖσίν τε χαῖρε καὶ κακοῖσιν ἀσχάλα
μὴ λίην· γίνωσκε δ᾽ οἷος ῥυσμὸς ἀνθρώπους ἔχει.

           

***

 

Engelse vertaling van Archilochus se fragment 128

(vertaling Douglas E Gerber)

 

My Soul, my Soul, all disturbed by sorrows inconsolable,

bear up, hold out, meet front-on the many foes that rush on you –

now from this side and now that, enduring all such strife up close,

never wavering; and should you win, don’t openly exult,

nor, defeated, throw yourself lamenting in a heap at home –

but delight in things that are delightful and, in hard times, grieve

not too much – appreciate the rhythm that controls men’s lives.

 

Bronverwysing:

Gerber, Douglas E. (redakteur en vertaler). 1999. Greek Iambic Poetry. From the seventh to the fifth centuries BC. London: Harvard University Press. p. 167.

https://en.wikipedia.org/wiki/Archilochus

 

Archílochos ( c. 680–645 v.C.) was ‘n Griekse jambiese en elegiese digter van Paros, uit die Argaïese periode, en die vroegste Griekse skrywer wat hoofsaaklik op sy ervarings en emosies gefokus het. Hy het kleurvolle taal gebruik, en was beroemd vir sy stekelrige kritiek. Hy word dikwels as die argetipiese digter van blaam gesien. Sy werk bestaan net uit oorgelewerde fragmente. Die tweede en derde reëls van die vers is waarskynlik onseker, en aan geskaaf deur baie hande.

 

Fragment 128 is geskryf in katalektiese trochaïese tetrameter (vier paar trogees met die laaste sillabe weggelaat) – dié vorm was later by Atheense dramaturge populêr, weens die aaneenlopende aard daarvan, geskik vir die formulering van aggressie en emosionele intensiteit, maar hier gebruik Archilochus dit vir emosionele besadigdheid. Sy gebruik van metrum is “neutraal ten op sigte van etos” – hy bedoel niks ironies daarmee nie.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Aleksander Wat. Vertaling in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d