Elza Lorenz. Vertaling in Afrikaans
Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (24)
Elza Lorenz. Vertaling van Engels in Afrikaans.
Op tagtig
In die binneland kronkel paaie
op hulself terug die ou jaar in
as ons weer moet glasies klink
met gekerriede praatjies
en rooiwyn
vroeg saans onthou ons nog
en meer
sodra die vel koel en glad word.
Ma se hart wen terug
na ou wysies
-psalms en koormusiek
in haar kamers –
vloeiend uit haar weduweeskruik;
demone deins terug
voor die pantserskild
van haar-en-haar-Here.
Pyn lewe in haar linkerbors
maar boggelskadu’s
moet ver bly;
sy, met bewerige stemlantern,
in die Lig.
My plooie is diep om die mond –
Trek al meer op jou pa, meen sy.
toe sy verlief geraak het
lank gelee
en die dat sy so lief is vir my
(‘n vreemde stilte
loop vol met die soetwyn
van haar tong)
terwyl ek skurwe voete invryf
en deftige ou gekispakte woorde
stadig uitroei op die donker see;
die lieflike poorte reeds in sig.
***
Turning eighty
Elza Lorenz
Inland roads wind
back upon themselves and the old year
as we raise glasses to toast
with red wine
and repartee.
By evening we unpack
moth-balled memories
when cool has settled on the skin
Ma’s heart rewinds to old memories
– hymns and choral music
in her chambers –
flowing from her widow’s cruse;
demons skulk back from the armoured
shield of her-and-her-Lord.
Arrows of fear pierce her left breast
but bent shadows
must remain far
while she ever seeks
the Light
with lantern, humming
creases carve paths for my mouth –
Looking more and more like Pa, she says
when she fell in love
so long ago
(filling a strange silence
with sweet dessert wine
from her tongue)
while I rub the calloused feet
and limping old words in their Sunday best
row slowly on dark waters
towards those lovely distant gates
Bronverwysing:
Lorenz, Elsa. 2001. Issues in English studies in Southern Africa Vol. 6 (1). Pretoria: UNISA.