Hans Magnus Enzensberger. Vertaling in Afrikaans
Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (23)
Hans Magnus Enzensberger. Vertaling van Duits in Afrikaans
aanwysing aan sisyphus
wat jy doen, is uitsigloos. goed:
jy het dit al begryp, gee dit toe,
maar berus jou nie daarin nie,
man met die klip. niemand
bedank jou nie; kalklyne –
die reën lek hulle verveeld op –
merk die dood af. wees nie
te gou bly nie, die uitsiglose
bied nie ‘n loopbaan nie. hulle
tragiek maak omgeruilde kinders, voëlverskrikkers,
waarsêers eie met mekaar. swyg,
praat ‘n woord met die son,
terwyl die klip rol,
verkwik jou egter nie met jou magteloosheid nie,
maar vergroot met ‘n honderd kilogram
die woede in die wêreld, met ’n grein.
daar heers ‘n gebrek aan manne
wat die hopelose doen, stom
die hoop soos gras uittrek,
hul gelag, die toekoms, rol
hul woede op teen die berge uitrol.
***
anweisung an sisyphos
Hans Magnus Enzensberger
was du tust, ist aussichtslos. gut:
du hast es begriffen, gib es zu,
aber finde dich nicht damit ab,
mann mit dem stein. niemand
dankt dir; kreidestriche,
der regen leckt sie gelangweilt auf,
markieren den tod. freu dich nicht
zu früh, das aussichtslose
ist keine karriere. mit eigner
tragik duzen sich wechselbälge,
vogelscheuchen, auguren. schweig,
sprich mit der sonne ein wort,
während der stein rollt, aber
lab dich an deiner ohnmacht nicht,
sondern vermehre um einen zentner
den zorn in der welt, um ein gran.
es herrscht ein mangel an männern,
das aussichtslose tuend stumm,
ausraufend wie gras die hoffnung,
ihr gelächter, die zukunft, rollend,
rollend ihren zorn auf die berge.
(den Stein ins Rollen bringen: om iets te begin; die bal aan die rol sit)
Bronverwysing:
Enzensberger, Hans Magnus. 1981. Verteidigung der Wölfe: Gedichte. Berlin: Suhrkamp Verlag (p.74).