Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 November 202028 November 2020

Ode aan ʼn lewende monument vir meertalige poësie

 

 

25 November 2020

 

“Ek wou nog sê…” Seisoen 4

Ode aan ʼn lewende monument vir meertalige poësie

 

So oud soos die berge en so kosbaar soos asem, het poësie die mag om die aarde op sy kop te draai en om woorde te laat dans. Poësie troos die diepste seer, bou brûe en skep geleenthede, want die digkuns “maak vi’ ons lig moet hierie woorde soes moet kerse”[1] sodat ons mekaar kan rááksien.

Die AVBOB Poësieprojek is in 2017 van stapel gestuur om ʼn universele behoefte aan te spreek. Wanneer mense geliefdes aan die dood moet afstaan, ervaar hulle ʼn groot, en dikwels blywende, leemte: die behoefte en gelyktydige onvermoë om die ervaring te verwoord. Carl van der Riet, AVBOB se hoof uitvoerende beampte, meen dat poësie juis vir mense die geleentheid bied om uiting aan hul emosies te gee. Marita Broschk, tweedepryswenner in die Afrikaanse kategorie van die derde AVBOB Poësiekompetisie, beskryf poësie as “… om woorde te gee aan die onverwoordbare waarby mense kan aanklank vind”.

Meer as 10 000 gedigte is op die AVBOB Poësieprojek se webblad beskikbaar en vorm as’t ware ʼn bron van troos. Van der Riet voeg by dat AVBOB daarmee ʼn poësiebiblioteek wou skep om aan mense ‘n bron van hoop en vertroosting te gee wat genesing en berusting kan bied.

In die vierde TV-seisoen van “Ek wou nog sê…”, die uitvloeisel van die AVBOB Poësieprojek se jaarlikse poësiekompetisie, val die kollig op die geleenthede wat hierdie besonderse projek aan gesoute sowel as debutantdigters bied. Die AVBOB Poësiekompetisie is ʼn platform vir Suid-Afrikaanse digters om in enige van die 11 amptelike tale te dig, en dit op sigself maak hierdie kompetisie enig in sy soort. Die hoeveelheid inskrywings neem jaarliks toe en tot dusver is meer as 80 000 inskrywings ontvang, wat dit die grootse poësiekompetisie ter wêreld maak.

Die kompetisiewenners se gedigte word jaarliks in die vorm van ʼn bloemlesing, I Wish I’d Said…, deur Naledi uitgegee en al die bydraes word in Engels vertaal. Adriaan Bester, AVBOB se hoofbestuurder van korporatiewe aangeleenthede, skryf dié kompetisie se sukses aan twee aspekte toe, naamlik die vryheid om in jou moedertaal te kan dig en die gepaardgaande toeganklikheid en blootstelling wat die Engelse vertalings aan die letterkunde verskeidenheid van die verskillende tale bied. “Die AVBOB Poësiekompetisie bied ʼn geleentheid wat digters kan benut, en vir ons is dit ʼn platform om ons land se digters te kan vereer,” sê Bester. Volgens Johann de Lange, hoofredakteur van die kompetisie en bloemlesings, is ons menslikheid in poësie opgesluit: “Deur lewende taal kan ons oor die dood praat, en kan kulture kennis, wysheid en geskiedenis deel.”

Programaanbieder en gevierde digter in eie reg, dr Daniel Hugo, beskryf dié projek en die bloemlesings wat daaruit spruit as “ʼn monument vir al die tale van Suid-Afrika”. In elk van die tien episodes van “Ek wou nog sê …” gesels hy met Afrikaanse digters oor hulle werk en hul uitkyk op die lewe. Sy gaste sluit gevierde digters soos Antjie Krog, Diana Ferrus en Johan Myburg in, asook belowende debutante soos Churchil Naudé en Lynthia Julius. Dié wye spektrum digters het genoodsaak dat die episodes onderskeidelik in Pretoria, by die Pretoria Buiteklub, én in Wellington, by die Breytenbachsentrum, verfilm moes word.

Die vierde seisoen neem ook ʼn nuwe wending, met resensies van nuwe digbundels deur Nini Bennett en prof Joan Hambidge. Volgens BRAND et al, die vervaardigers en ook AVBOB se reklameagentskap, het hierdie toevoeging juis ten doel om AVBOB se visie vir die toeganklikheid van poësie te benadruk en om alle digters, hetsy gepubliseerd of nie, aan te moedig om aan die kompetisie deel te neem.

“Ek wou nog sê…” begin Maandag 14 Desember om 19:30 op VIA, DStv-kanaal 147, met heruitsendings op Sondae om 22:00.

Besoek die AVBOB poësiebiblioteek by www.avbobpoetry.co.za en volg ons AVBOB Poetry-sosialemediablaaie vir meer inligting oor vanjaar se kompetisie.

 

  • Facebook: https://www.facebook.com/avbobpoetry
  • Twitter: https://twitter.com/avbobpoetry
  • Instagram: https://www.instagram.com/avbobpoetry/
  • YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCJfBzoqL9L2CiDxxzWOEQSw

 

[1] Kô lat ons sing – Adam Small

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Vierde seisoen “Ek wou nog sê …” begin 14 Desember
Marlies Taljard. Dat jy iemand sal hê by wie jy swak kan wees →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d