Federico García Lorca. Vertaling in Afrikaans

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (34)

 

Federico García Lorca. Vertaling uit Engels in Afrikaans. Vert. deur Bester Meyer.

 

Die Ontrou Huisvrou

Federico García Lorca

 

Tóé het ek haar na die rivier gelei

met geen twyfel oor haar maagdelikheid

alhoewel sy ʼn man mos had.

Die vierde Vrydag in Julie,

goed soos enige belofte.

Die straatligte was aan’t verdwyne

en die kriek-kriekies het gefuif.

Laaste draai dorp uit

raak ek haar sluimerende borste aan.

Hulle (ge)bloei onverwags

soos die tippies van hiasinte en

dan die verstywing van haar onderrok

wat in my oor kom druis

en die sy in twee kom deel

soos deur lemme by dosyne.

Die denne (sonder hul ligkrans van silwer)

reik op en op en op

en die horison van honde

het vanuit die veraf rigting van die rivier gehuil.

 

Verby die braambessie-bosse

die ruigtes en die witdorings

onder die lapa van haar hare

het ek neergedip in die sand.

My halsdoek het ek afgehaal

sy haar rok losgemaak –

ek – my pistool en skede –

sy – die lae van rok tot rok …

Nie soetamalie of skulp

het ʼn huid enigsins

so vleiend nie.  Ook nie

het ʼn spieël van glas

hierdie tipe glinstering nie.

Haar heupe vir my gepas

soos verskrikte seeltvisse:

een met vuur gevul

die ander met koue.

Daardie aand kon ek dalk net sowel

my gelukbringer-merrie

– op die pad van alle paaie –

sonder toom en stiebeuel gery het.

Galante heer wat ek is

sal ek nie die brokkies wat sy

my oor ingefluister het hier herhaal nie.

Dít het dáár tot sonop gelumier

om my lippe been-af agter te laat.

Smerig met grond en soene

het ek haar van die rivier gelei

terwyl die lelieswaarde

stryd voer in die lug.

 

Opgetree as ʼn skobbejak

soos net ek dit kon doen –

haar ʼn groot vismandjie van

hooi-gekleurde satyn aangebied.

Ek het geen behoefte gehad

om been-af te raak nie –

sy het uiteraard ʼn man mos had

maar tóg was sy steeds ʼn maagd

toe ek haar na die rivier gelei het.

 

**

 

The Unfaithful Housewife

Federico García Lorca

 

Then I led her to the river

certain she was still a virgin

though she had a husband.

The fourth Friday in July,

as good as on a promise.

The street lights were vanishing

and the crickets flaring up.

Last bend out of town

I brushed her sleepy breasts.

They blossomed of a sudden

like the tips of hyacinths

and the starch of her petticoat

bustled in my ear like silk

slit by a dozen blades.

The pines, minus their halo

of silver, grew huger

and the horizon of dogs

howled a long way from the river.

 

Past the blackberry bushes,

the rushes and whitethorn,

beneath her thatch of hair,

I made a dip in the sand.

I took off my neckerchief.

She unstrapped her dress.

Me my gun and holster,

she her layers of slips…

Not tuberose, not shell,

has skin as half as smooth

nor does mirror glass

have half the shimmer.

Her hips flitted from me

like a pair of startled tench:

the one full of fire,

the other full of cold.

That night I might

as well have ridden

the pick of the roads

on a mother-of-pearl mare

without bridle or stirrups.

Gentleman that I am,

I won’t say back the scraps

she whispered to me.

It dawned out there

to leave my lip bitten.

Filthy with soil and kisses,

I led her from the river

and the spears of lilies

battled in the air.

 

I behaved only the way

a blackguard like me behaves.

I offered her a big creel

of hay-colored satins.

I had no wish to fall for her.

She has a husband after all,

though she was still a virgin

when I led her to the river.

 

***

 

La casada infiel

Federico García Lorca

 

Y que yo me la llevé al río

creyendo que era mozuela,

pero tenía marido.

 

Fue la noche de Santiago

y casi por compromiso.

Se apagaron los faroles

y se encendieron los grillos.

En las últimas esquinas

toqué sus pechos dormidos,

y se me abrieron de pronto

como ramos de jacintos.

El almidón de su enagua

me sonaba en el oído,

como una pieza de seda

rasgada por diez cuchillos.

Sin luz de plata en sus copas

los árboles han crecido,

y un horizonte de perros

ladra muy lejos del río.

 

*

 

Pasadas las zarzamoras,

los juncos y los espinos,

bajo su mata de pelo

hice un hoyo sobre el limo.

Yo me quité la corbata.

Ella se quitó el vestido.

Yo el cinturón con revólver.

Ella sus cuatro corpiños.

Ni nardos ni caracolas

tienen el cutis tan fino,

ni los cristales con luna

relumbran con ese brillo.

Sus muslos se me escapaban

como peces sorprendidos,

la mitad llenos de lumbre,

la mitad llenos de frío.

Aquella noche corrí

el mejor de los caminos,

montado en potra de nácar

sin bridas y sin estribos.

No quiero decir, por hombre,

las cosas que ella me dijo.

La luz del entendimiento

me hace ser muy comedido.

Sucia de besos y arena

yo me la llevé del río.

Con el aire se batían

las espadas de los lirios.

 

Me porté como quien soy.

Como un gitano legítimo.

Le regalé un costurero

grande de raso pajizo,

y no quise enamorarme

porque teniendo marido

me dijo que era mozuela

cuando la llevaba al río.

 

 

(Leonard Cohen, wat deur die jare baie aangegryp is deur Lorca se werk, het ʼn verwerking van die gedig gedoen wat op Thanks for the Dance, 2019 na Cohen se dood verskyn het. Die verwerking/toonsetting kan geluister word deur die skakel te volg: https://www.youtube.com/watch?v=-u78jEDv28w )

 

Bronverwysing:

https://www.poetryfoundation.org/poetrymagazine/poems/54761/the-unfaithful-housewife soos vertaal uit Spaans in Engels deur Conor O ’Callaghan. Oorspronklik gepubliseer in Spaans in 1928.

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.