Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 December 20205 February 2021

Maya Angelou. Vertaling in Afrikaans

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (49)

 

Maya Angelou. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Marieta McGrath.

 

Wanneer groot bome val

 

Wanneer groot bome val,

sidder die klippe op ‘n duisend heuwels,

lê leeus laag

in die lang gras,

boemel selfs die olifante

na veiligheid.

 

Wanneer groot bome val

in die woud,

keer alles wat klein is in hulself,

hul sinne

verby vrees verstomp.

 

Wanneer groot siele sterf,

word die lug om ons

lig, raar, steriel.

Ons haal asem, vlugtig.

Ons oë sien, vlugtig,

met pynlike klaarheid.

Herinnering, skielik verskerp,

doen ondersoek,

kou aan sagte woorde

ongesê,

beloofde wandelinge

nooit onderneem nie.

 

Groot siele sterf en

wat vir ons werklik was,

verlaat ons.

Ons siele,

afhanklik van hul

koestering,

krimp en verskrompel.

Ons verstand, verlig

en toegelig deur hul

lig,

val weg.

Ons word nie soveel waansinnig

as gereduseer tot die onuitspreeklike afsydigheid

van donker, koue

grotte nie.

 

En wanneer groot siele sterf,

sal daar na ‘n tyd weer vrede blom,

geleidelik, maar altyd

sporadies. Ruimtes vul

met ‘n soort

sussende elektriese vibrasie.

Ons sinne, herstel, maar nooit weer

dieselfde nie, fluister, fluister in ons ore:

Hulle was. Hulle was.

Ons kan wees. Ons kan wees, ons kan

beter wees. Want hulle was.

 

 

***

 

 

When great trees fall

Maya Angelou

 

When great trees fall,

rocks on distant hills shudder,

lions hunker down

in tall grasses,

and even elephants

lumber after safety.

 

When great trees fall

in forests,

small things recoil into silence,

their senses

eroded beyond fear.

 

When great souls die,

the air around us becomes

light, rare, sterile.

We breathe, briefly.

Our eyes, briefly,

see with

a hurtful clarity.

Our memory, suddenly sharpened,

examines,

gnaws on kind words

unsaid,

promised walks

never taken.

 

Great souls die and

our reality, bound to

them, takes leave of us.

Our souls,

dependent upon their

nurture,

now shrink, wizened.

Our minds, formed

and informed by their

radiance,

fall away.

We are not so much maddened

as reduced to the unutterable ignorance

of dark, cold

caves.

 

And when great souls die,

after a period peace blooms,

slowly and always

irregularly. Spaces fill

with a kind of

soothing electric vibration.

Our senses, restored, never

to be the same, whisper to us.

They existed. They existed.

We can be. Be and be

better. For they existed.


Bronverwysing:

Angelou, Maya. 1990. I shall not be moved. New York: Random House.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Tom Gouws. Vertaling in Engels →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d