Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (52)
Charles Bukowski. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Hendrik J. Botha.
Om sonder ‘n wekker te lewe
my pa het altyd geglo: vroeg bed toe
en op met hanekraai; só bly mens
gesond, welvarend en wys.
teen agtuur saans was alles donker
in ons huis, teen dagbreek moes ons
opstaan en aanmeld vir ontbyt.
my pa het vir ‘n leeftyd die roetine volgehou,
uiteindelik jonk gesterf, arm
en volgens my nie baie wys.
ek het sy advies in die wind geslaan;
laat gaan slaap, nog later opgestaan.
in die proses het ek nie juis die wêreld verander nie,
wel talle verkeersknope misgeloop,
heelwat moeilikheid bloot verpas,
ook talle vreemde en interessante mense
raakgeloop;
een daarvan
ekself – iemand wat my pa
nooit
leer ken het nie.
***
Throwing away the alarm clock
by Charles Bukowski
my father always said, “early to bed and
early to rise makes a man healthy, wealthy
and wise.”
It was lights out at 8 p.m. in our house
and we were up at dawn to the smell of
coffee, frying bacon and scrambled
eggs.
my father followed this general routine
for a lifetime and died young, broke,
and, I think, not too
wise.
taking note, I rejected his advice and it
became, for me, late to bed and late
to rise.
now, I’m not saying that I’ve conquered
the world but I’ve avoided
numberless early traffic jams, bypassed some
common pitfalls
and have met some strange, wonderful
people
one of whom
was
myself – someone my father
never
knew.
Bukowski, Charles. 2004. The Flash of Lightning Behind the Mountain (p.44 ) New York: Harper Collins.

Welgedaan!