Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (73)
Boerneef. Vertaling van Afrikaans in Engels. Vert. deur René Bohnen.
My fipple flute is made of palisander wood
that is why it sounds so rosewood reedy
and why my playing leaves you cold
one thing or another is always being othered
I am not in the least bit bothered
if palisander tongue is never understood
My palisandrhyme is a palimpsest
(why do you roll your eyes
I know I concoct these things)
even though it is not classic
or made of parchment
my palisandrhyme is a palimpsest
cross out scrape clean and try again
oh so close but no cigar
damn how does one crack it
with such an unruly palimpsest
On these same streets in this very place
a great poet sauntered and sang
his instrument was a simple banjo
buchu herbs and tiger aloe his enchantment
with iridescent foam from stormy seas
to strengthen the mojo
he did so love our Boland after all
For keepsakes and ditties I thank him
on this dark flute of reedy rosewood
***
My blokfluit is van palissanderhout
daarom speel hy so palissander
en laat my fluitspel julle koud
die een bly tog maar anders as die ander
ek trek my dit nie die in die minste aan
as niemand palissandertaal verstaan
My palissandryn is ‘n palimpses
(vir wat roep jy so boontoe
ek weet ek maak die goed mos self)
al is hy nie klassiek nie
ook nie van perkament nie
my palissandryn is ‘n palimpses
krap uit en dood perbeer dan weer
dis amper maar nog ver van amsterdam
verdomp hoe kry ‘n mens dit pastersteek
met so ‘n weerstrewige palimpses
Langs hierdie selfde strate op hierdie einste plek
het ‘n groot digter loop en slampamper
eensnaarramkietjie was sy instrument
boegoe en kanniedood sy oorpaljas
met reënboogskuim van storremsee
om krag aan die paljas te gee
hoe het hy tog ons Boland liefgehad
ek dank hom vir polfyntjie en slampamper
met hierdie donker fluit van palissander
Bronverwysing:
BOERNEEF: Palissandryne, p 89 uit “Boerneef: Versamelde poësie” 1985, Tafelberg.