Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (77)
Coral Bracho vertaling van Spaans in Afrikaans. Vert. deur De Waal Venter.
Uit hierdie lig
Uit hierdie insnydende lig, soos ’n fyn
vlam,
die ewigheid. Uit hierdie aandagtige tuin,
uit hierdie skadu, die tyd,
en hy stel sy drumpel oop,
daar binne word dinge
gemagnetiseer.
Hulle soek dieper daarin af,
en gee hulle gestalte, bring hulle só na vore:
helder, volrond,
oorvloedig.
Vars, gevul met vreugdigheid,
met feestelike prag
van sterredieptes.
Solied en bepaald
bring hulle ruimte
en hulle oomblik, hulle bepaalde tuin
met hulle gevoelens. Soos presies geplaaste klippe
in ’n tuin. Soos verval afgeteken
op ’n tempel.
’n Deuropening, ’n sitplek,
die see.
Die diep wit
van die muur se veroudering. Die lyntjies
na die middelpunt.
Laat die tamarindeboom gloei
deur die digte nag.
Uit die beker val
die songeluide van water.
En die warm vastigheid van sy hande; laat die nag digter word,
die ontsaglike oorvloeiende nag, oor die diep oneindigheid,
sy heerlike
warmte.
Coral Bracho (gebore 1951 in Meksikostad) is ‘n Meksikaanse digter, vertaler en dokter in letterkunde.
Bracho is die wenner van die Aguascalientes National Poetry Prize in 1981 en ‘n Guggenheim-genootskap in 2000. Sy ontvang die 2004 Xavier Villaurrutia-toekenning vir haar boek, Ese Espacio, Ese Jardin.
***
Desde esta luz
Coral Bracho
Desde esta luz que incide, con delicada
flama,
la eternidad. Desde este jardín atento,
desde esta sombra.
Abre su umbral el tiempo,
y en él se imantan
los objetos.
Se ahondan en él,
y él los sostiene y los ofrece así:
claros, rotundos,
generosos.
Frescos llenos de su alegre volumen,
de su esplendor festivo
de su hondura estelar.
Sólidos y distintos
alían su espacio
y su momento, su huerto exacto
para ser sentidos. Como piedras precisas
en un jardín. Como lapsos trazados
sobre un templo.
Una puerta, una silla,
el mar.
La blancura profunda
desfasada
del muro. Las líneas breves
que lo centran.
Deja el tamarindo un fulgor
entre la noche espesa.
Suelta el cántaro el ruido
solar del agua.
Y la firme tibieza de sus manos; deja la noche densa,
la noche vasta y desbordada sobre el hondo caudal,
su entrañable
tibieza.
Bronverwysing:
Terceravia.MX. La lux y la lluvia de piel fugaz: poemas de Coral Bracho