Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 January 2021

Fanie Olivier. heil die leser

 

heil die leser: hier is die kontrak. erken

a.u.b. ontvangs per foon en laat weet of dié

[soveel goedkoop gulden!] in orde is. ek soek

betaling in kontant wanneer ons mekaar hier sien.

 

ons kom ooreen: jy los, as jy vertrek, vir my twee

fietse; een ligbruin kewer [linkerstuur!]; drie [drie!]

kamers [wat ek, soos jy, by die de waards moet huur]

ʼn stukkie skuur en gedeelde keuken in die mauritsstraat;

kampgoed om die wye wêreld daar te gaan verken.

 

vir ʼn rukkie moes ek oorherfs, koud, in de egelshoek:

jy wil nog oulaas reis voor ek my spullen kry.

 

daarna het ons vastelande uitmekaar bly bly

[nie berekend nie, maar dis wat die bedeling gee].

mekaar hier by ʼn kongres, daar ʼn seminaar gesien;

ons brokkie brood ons halfleeg glasie wyn verdien

 

en neem die wêreld onvermydelik sy loop.

[ek het ʼn foto van die kewer by die berlynse muur.]

 

jy skryf vers op vers geleenthede weer óóp

 

veel later eers [spyt kom te laat] besef ek wat jy

tóé aan my toevertrou het en nou hier aan my agterlaat.

 

[vir leon strydom, 4 januarie 2021]

 

© Fanie Olivier, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

3e gedagtes oor “Fanie Olivier. heil die leser”

  1. Heilna du Plooy says:
    31 January 2021 at 10:18

    Fanie, Dis ‘n baie mooi en aangrypende gedig. Dit Bring twee digters vir wie ek persoonlik groot achting het, bymekaar. Veral die slot gaan my bybly.

    Reply
  2. Joan Hambidge says:
    13 January 2021 at 19:50

    ‘n Aangrypende gedig oor ‘n besondere digter …

    Verlies word hier so sterk verwoord. Ek lees tans weer sy studie oor die eenheidsbundel en hoe hy Van Wyk Louw gelees het.

    Reply
  3. Anolene Nimianschk says:
    13 January 2021 at 13:29

    die Mauritsstraat
    en die De Waards,
    met die hele wêreld
    voor die deur
    – een groot geluk
    had ons eens daar

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d